LANDSKAPFOTOGRAFIE SAKPAS GIDS:  DEEL 1

Aangesien ons so naby aan die einde van die jaar is en baie van julle so bietjie 'n blaaskansie gaan vat en dalk so bietjie  gaan rond beweeg, het ek dit goed  gedink om 'n vinnige sakpas gids saam te stel oor landskapfotografie. Almal wat my ken sal weet dat dit my gunsteling vorm van fotografie is en iets wat ek  bevoorreg  was om baie van te doen en te leer terwyl ek vir vyf  jaar as 'n fotograaf op passasiersskepe gewerk het.

Watter toerusting word benodig vir landskap fotografie?

Baie van die beste en mooiste landskapfotografie word gedoen in baie uitdagende omstandighede en weer.  In die woestyn , langs die see, in die berge, vroeg in die oggend in temperature benede vriespunt...  'n Duursame betroubare kamera is dus noodsaaklik.

Lense is 'n baie belangrike komponent van landskapfotografie. Maak nie saak hoe goeie kamera jy gebruik nie,  as die lens van 'n swak kwaliteit is , gaan jy swak kwaliteit fotos kry. Lense is soos ons oë, as jy swak visie het gaan die prentjie wat jy sien sag en uit fokus wees. Daar is twee tipes lense,  zoom lense en vaste fokus lense. Laasgenoemde het die eienskap van in en uit zoom. Wat ek persoonlik as 'n plus punt sien in landskapfotografie. Wye hoek lense is baie gewild vir landskappe, maar telefoto lense kan vir meer kreatiewe naby fotos gebruik word .

Die derde item waar sonder 'n landskap fotograaf nie kan funksioneer nie, is 'n driepoot. Selfs op 'n sonnige dag mag jy dit benodig as jy 'n foto wil neem met 'n groot velddiepte. In sulke gevalle mag jy 'n stadige sluiterspoed gebruik, wat beweging in jou foto sal veroorsaak as jy nie die kamera kan stil hou nie. Voorbeelde van sulke fotos is nag fotos van bv "startrails" en fotos van bewegende water teen 'n stadige sluiterspoed , bv 'n waterval teen  4 sekondes.

'n  Kabel of afstand beheer. 'n Driepoot help baie om beweging in jou fotos te voorkom, maar aangesien jy steeds die knoppie moet druk om die foto te neem, is daar steeds die risiko van beweging.  Die "timer" funksie kan ook  vir hierdie doeleinde gebruik word sowel as die mirror lock-up  funksie, maar die kabel of afstand beheer maak dit baie makliker.

Filters is 'n noodsaaklike deel van suksesvolle landskap fotografie. Daar is drie tipes filters wat ek gebruik.  'n "Circular" polariseerder, "neutral density" en " graduated neutral density" filters.

'n "Circular" polariseerder   verwyder  refleksies van oppervalktes,  gee meer kontras  en kleur in fotos,  maak die lug donkerder , bring wolke meer uit en maak onderwerpe op ‘n afstand minder deinserig.

"Neurtal density " (ND)  filters word gebruik om minder lig deur die lens te laat. Dit word meestal gebruik om watervalle teen 'n stadige sluiterspoed af te neem, veral op 'n sonnige dag waar daar baie lig beskikbaar is.

"Graduated neurtal density  filters" (GND)  is soortelyk as bogenoemde, maar is donker  aan die bokant  en word dan geleidelik ligter na die onderkant. Hierdie filters is uitstekend om helder dele van 'n toneel  donkerder te maak.  HDR tegnieke en "bracketing" is alternatiewe, maar ek verkies 'n GND filter.

Soortgelyk aan "circular " polariseerders moet 'n mens versigtig wees met GND filters, want dit is baie maklik om dele van die foto donkerder  te maak, wat jy nie noodwendig  donker wou hê nie.

Fotografie tegniek                                                                       

Ek verdeel  dit in 3 dele:  Kamera toerusting tegniek,  komposisie en post prosesserings tegniek.  My  mening is  dat al drie hierdie komponente ewe belangrik is om goeie landskapfotografie te beoefen.

Kamera toerusting tegniek:

Wat is die beste verstellings vir landskapfotografie? Hier is die verstellings wat ek meeste van die tyd gebruik en aanbeveel en dit behoort redelik goed te werk vir meeste DSLR cameras:

Kamera “Mode”:   Ek het  geleer  hoe om landskappe in manuele "mode" af te neem. Gebruik die kamera se ligmeter om te sien of jy die sluiterspoed moet minder  of meer maak. Maw ek stel eers die velddiepte(F-stop) en dan die sluiterspoed.

Velddiepte(F-stop): Begin by F8 en verhoog die F-stop afhangende van hoeveel van die voorgrond en agtergrond skerp moet wees. Ek gebruik selde 'n F-stop bo F16, maar mag afhang van jou spesieke kamera en lens.

Sluiterspoed:  Dit maak nie eintlik saak nie, verstel die sluiterspoed afhangende van wat jou kamera ligmeter jou aanbeveel. In gevalle waar jy beweging wil wys of stop, sal jy die sluiterspoed stadig of vinnig  moet maak.(sal later in meer detail hieroor gesels)

File/ foto  formaat: Ek wil sê RAW en RAW alleenlik, maar as jou kamera nie hierdie formaat beskikbaar het nie, stel  ek voorstel dat jy op die hoogste resolusie moonlik jou fotos neem. As jy 'n 18 megapieksel kamera het, neem die fotos op daar die resolusie.

ISO: Gebruik die laagste ISO verstelling moontlik. Ek gebruik as 'n reel  ISO 100. As jou kamera 'n opsie het van "Auto ISO" , sit dit af.

"White balance":  Ek gebruik die "Auto" verstelling omdat ek meeste van die tyd in RAW formaat afneem en dan maklik verstelbaar is in post prosessering  op die rekenaar.

Kleur Profiel:  Weereens maak dit nie saak nie agv die RAW formaat. Ek los dit gewoonlik op Adobe RGB.

Autofokus: Skuif jou autofokus knoppie van die sluiterspoed  knoppie na 'n ander  "dedicated" knoppie op die agterkant van jou  kamera wat  dan vir autofokus gebruik word. Sommige kameras mag egter nie hierdie funksie hê nie.  Hoekom  sal ons dit doen?  Juis omdat jy nie wil hê jou kamera moet elke keer fokus as jy die sluiterknoppie druk nie, veral nie as jy panorama fotos neem nie. Iets waarvoor ek 'n groot liefde ontwikkel het die afgelope paar jaar.

Sonder om eers in ag te neem die verhouding tussen fokale lengte van jou lens, velddiepte en kamera tot onderwerp  afstand, kan die konsep van fokus  in  landskapfotografie nogal  ingewikkeld raak. As jy byvoorbeeld 'n stervis op kort afstand in die voorgrond wil afneem , maar ook die agtergrond  en  horison in fokus wil hê, waarop gaan jy fokus?  Die stervis of die agtergrond?

Ek  sou verseker 'n wyehoek lens gebruik het, 'n relatiewe hoe veldiepte bv. F16 en sou  iewers  tussen die stervis en die agtergrond gefokus het. Waar presies moet mens dan nou fokus? Hier kom die konsep van  "hyperfocal" afstand  ter sprake. Wat is "hyperfocal" afstand? Dit is die punt waar jy jou kamera moet fokus om die maksimum skerpheid te kry. Wanneer jy op hierdie punt fokus, sal alles van helfte van die afstand van die fokus punt tot by "infinity"( oneindigheid, nie seker of is dit die regte afrikaanse woord:-))  in fokus wees. Maw as die "hyperfocal" afstand  5 meter is, sal alles van 2,5 meter tot by oneindigheid in fokus wees.

Die fokale lengte van jou kamera, die afstand tussen die kamera en die stervis  en die velddiepte sou die berekening van hierdie afstand beinvloed, maar in beginsel is dit hoe dit werk.

Die ander manier om dit te doen as jy nie 'n "hyperfocal calculator" wil gebruik nie, is om 'n foto te neem en op oneindigheid te fokus. Kyk  dan na jou foto op die agterste LCD skerm teen 100%. Beweeg stadig van die agtergrond na die voorgrond. Die  laaste punt waar jou foto skerp lyk en begin uitfokus raak  is min of meer  jou "hyperfocal" afstand. Onthou hierdie  punt,  fokus  daarop,  neem 'n  foto  en kyk dan of die beeld skerp lyk.

"Bracketing":  Wanneer jy in moeilike lig omstandighede fotos  neem  en baie kontras tussen die ligte(wit gedeeltes) en donker dele van jou foto het, gebruik die "bracketing" opsie.  Gebruik 3 tot 5 verskillende beligtings(afhangende van die opsies wat jou kamera bied). Dit bied jou nie net die opsie om post prosessering tegnieke te probeer soos HDR(High dynamic range) nie, maar ook 'n beter kans op die regte beligting . Jy kan dalk een opsie van beligting oor 'n ander verkies op verskillende  fotos en kan in Lightroom of Photoshop met "layers" en "masks" gaan speel  en dit saam sit  om die perfekte beligting oral oor jou foto te kry . NB: Onthou om jou driepoot hier te gebruik!

Volgende week sal ons kyk na  komposisie en digitale post prosessering  en meer in diepte gesels oor spesifieke tipies landskappe:  Woude, oop velde, vloeiende water(riviere en watervalle, golwe), woestyne, kuslyne, berge ens.

Geniet julle landskap fotografie!

Views: 373

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on December 5, 2012 at 4:23pm

Halleluja............... die eerste persoon wat ek hoor wat ook manual gebruik. Ek het al gedink daar is fout met my. Dankie Lientjie vir die lekker les en voorwaar ek is so bly ek is nie alleen nie.

Comment by Sandra Grobler on December 5, 2012 at 1:06pm

Baie dankie Lientjie

Comment by Lientjie Beyer on December 5, 2012 at 12:54pm

Hello Sandra. Dis maar 'n persoonlike voorkeur, omdat ek daarvan hou om 100% in beheer van my settings te wees. Ek gebruik dit gewoonlik as ek gejaag is nie en veral as ek panorama fotos neem om te "stitch".  Met Manuele mode het mens meer beheer om elke rampie se beligting "consistent"(kan nou nie dink wat die afrikaanse woord is nie:-)) te hou, dit maak dit makliker om aan mekaar te las.Aperture mode is ook goed vir landskappe. Ek weet dit voel bietjie intimiderend om met manuele settings te werk, maar as mens eers daaraan gewoond is, sal jy alles so doen.

Comment by Petro Geldenhuys on December 4, 2012 at 4:59pm

Dankie Lientjie

Comment by Sandra Grobler on December 4, 2012 at 1:11pm

Lientjie - hoekom gebruik jy manuele en aperture nie?  Wat is die verskil tussen die twee as dit kom by landskapfotografie - of is dit net 'n persoonlike keuse? Ek is nog skrikkerig vir manuele maar wil graag meer daarmee werk.  Ek het ook eers back-focusing gebruik maar dit afgehaal - ek veronderstel dit is ook iets waaraan mens gewoond moet raak. Ek gaan dit weer aktiveer. Jou verduideliking van die fokus laat my kop draai maar dis presies wat ek nie reg kry nie! Sal maar aanhou oefen.

Comment by Augi AUGUSTYN on December 3, 2012 at 7:27pm

Dankie dit is baie insiggewend - Sien uit na deel 2

Comment by Anita du Toit on December 3, 2012 at 7:16pm

Dankie vir die leersame les oor Landskapfotografie Lientjie, dis my gunsteling genre.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html