LANDSKAPFOTOGRAFIE SAKPAS GIDS:  DEEL 2

Een van die grootste beleggings wat jy kan maak, om mooi landskapfotos te verseker, veral as 'n mens 'n plek vir die eerste keer besoek, is om 'n bietjie tyd te spandeer, rond te ry, te stap, die omgewing te verken. Bepaal waar die beste plekke sal wees om fotos te neem  en waar die lig op watter tye van die dag die mooiste gaan wees.

Wanneer jy nie bewegende objekte afneem nie, raak rustig, wees geduldig en wag vir die regte oomblik en regte lig. Lig is waarskynlik die heel  belangrikste komponent van landskapfotografie. Hoewel, fotografie toerusting, hoe jy dit gebruik, tegniek en vaardighede sekerlik belangrik is, kan geen foto goed lyk sonder mooi lig nie. Wat is dan die beste lig, wat is die beste tyd van die dag?

Die  mooiste landskapfotos word baie keer geneem met sonsopkoms of ondergang omdat die lig sagter is en jy die meeste hoeveelheid kleure sien. Die rigting van die onderwerp wat afgeneem word, sal natuurlik bepaal, of dit beter vir vroeg oggend of laat middag fotografie is . Sekere  dele sal mooier lig in die oggend kry,  as in die middag en visa versa, afhangende van hul ligging. Bv sekere dele van 'n berg mag in die oggend pragtige oggend lig kry terwyl dit in die laat middag in skaduwee sal wees.

Die slegste tyd van die dag om fotos te neem sal waarskynlik wees in die middel van die dag. Die kontras tussen skadu en lig is gewoonlik baie hoog, skaduwees is hard en dit maak fotografie baie moeilik. Hoewel dit waar is vir baie plekke oor die aarde, is dit nie noodwendig oral die geval nie. As jy in bv areas naby die noordpool is, bv Alaska en Antarktika by die suidpool is daar sekere tye van die jaar, wat  jy heel dag fotos kan neem, met pragtige lig. Dit gaan alles oor die hoek van lig in verhouding tot die son. As sonlig altyd teen 'n lae hoek is, is daar geen slegte tyd vir

fotos neem nie.

Wat van seisoene?  Weereens sal ek sê, dit hang af waar jy is. My gunsteling tyd van die jaar is Herfs en Lente  om  fotos te neem. Die herfs seisoen bring  pragtige kleur verandering in die natuur, veral in plekke waar daar bladwisselende bome is. Ek het bv in Alaska binne 6 weke  ervaar hoe bome van donker groen, na lig groen, na geel, na rooi en bruin verkleur. Ongelooflik mooi en 'n absolute wonder van die natuur...!

 

Komposisie:

'n Sleutel element van enige vorm van fotografie is komposise. Sonder komposisie is fotos leweloos en vervelig. Daar is geen vasgestelde reels nie, maar kom ons kyk na 'n paar basiese riglyne vir komposisie en ook hoe om jou fotos beter te raam.

Eenvoud is altyd 'n riglyn vir goeie komposisie. Moenie te veel elemente of steurende elemente in die foto sit nie. Onthou die agtergrond is net so belangrik soos die onderwerp. Die agtergrond kan jou onderwerp komplimeteer of daarmee kompeteer.

'n Element  in 'n foto, wat onmiddelik die jou aandag fokus,  sal die  komposisie sterker maak. Dit kan baie dinge wees, 'n boom, 'n bos, 'n huis, 'n blommetjie in die voorgrond...

Moenie hierdie onderwerp in die middel van die foto plaas nie. Beginners neig nogal om dit baie te doen, en hoewel dit nie altyd verkeerd is nie, probeer om dit nie herhaaldelik te doen nie.

Die reel van derdes,  is 'n element van 'n sterk komposisie. Verdeel visueel jou photo in derdes horisontaal en vertikaal. As jy 'n strek fokus punt binne jou raampie het,  plaas dit op die kruisings lyne van een van hierdie derdes. As daar 'n horison in jou foto is, plaas dit op die boonste of onderste derde en nie in die middel van die foto.

Maak seker dat jou horison reguit is. As dit nie van die begin af reguit geneem word nie, sal jy dit in post prosesering moet gaan reguit maak en kan jy die resolusie en kwaliteit van die foto verminder.

Moenie vashaak by horisontale fotos nie. Jou kamera kan ook in 'n vertikale formaat gebruik word en soms lyk 'n toneel beter in vertikale as horisontale formaat.

Probeer bome, bosse of ander voorwerpe in die hoekies van jou foto of uitsny of heeltemal in sit, maar moenie dat daar net stukkies daarvan op die hoeke uitsteek nie. Dit sal heeltyd jou aandag van die hoofonderwerp aflei en kan baie steurend in 'n foto wees.

Wees versigtig om baie wyehoek lense,  bv 'n 10mm vishoeklens, te gebruik vir landskap fotografie. Sulke lense laat die onderwerpe naby aan die lens baie groter, en die agtergrond ook veel kleiner vertoon as wat hulle in werklikheid  is. As jy besluit om wel met sulke lense te eksperimenteer, kom baie naby aan 'n onderwerp in die voorgrond , dit sal jou aandag hoofsaaklik daarop vestig.

Maak gebruik van lyne in jou fotos. Horisontale lyne, vertikale lyne, diagonale en gekurwe lyne. Herhaling van horisontale lyne skep gewoonlik 'n formele atmosfeer, waarteenoor horisontale lyne 'n meer rustige atmosfeer skep. Diagonale en gekurwe  lyne is weer meer dinamies as vertikale en horisontale lyne. Dit kan ook 'n gevoel van diepte in fotos skep.

Balans, wat beteken om een deel nie meer as 'n ander te laat weeg in 'n foto nie, is ook 'n baie belangrike deel van komposisie. Ons kan balans skep in 'n refleksie foto deur middel van simmetrie of deur iets in die voorgrond wat balanseer met iets in die agtergrond of 'n groter objek links wat balanseer met kleiner objekte regs ens.

Moenie vergeet as jy 'n zoom lens gebruik, dat jy  bietjie nader kan kom om meer kreatiewe beelde vas te vang en onnodige elemente kan uitsluit.

Perspektief of diepte kan onder andere geskep word deur die skaal van 'n voorwerp binne 'n groot landskap voor te stel of deur lyne te gebruik om jou oog na die voorwerp toe te lei.

Probeer om panorama fotos te neem. Dit 'n alternatief tot die tradisionele reghoekige of vierkantige fotos. Daar is twee maniere hoe dit gedoen kan word. Die eerste is deur 'n enkele foto te neem en na 'n panorma formaat te "crop". Die ander manier om dit te doen is om 'n paar fotos opeenvolgend te neem, in horisontale of vertikale formaat en dan digital op'n rekenaar met Photoshop of soortgelyke sagteware aanmekaar te las.

 In een van die opvolgende weke sal ek 'n paar riglyne bymekaar sit oor hoe 'n mens hierdie panorama fotos neem.

 

Ten slotte, probeer om 'n atmosfeer, 'n storie of boodskap deur jou foto oor te dra. Probeer die persoon wat na die foto kyk, se emosies aan te raak. Wat is dit wat jy probeer kommunikeer? Is dit iets eenvoudig soos kleur in die natuur, die drama van 'n donderstorm, die grootheid van die berge, die dorheid van die woestyn, die donkerte van 'n woud....

Moenie net mik en druk, sonder om te dink, soos in die verlede nie. So baie keer kom daar geleenthede oor ons pad om ongelooflike fotos te neem. Stop vir 'n oomblik, dink en beplan 'n bietjie, en die kwalitiet van jou landskapfotografie gaan sommer dadelik verbeter.

Volgende week sal ons bietjie gesels oor spesifiek landskappe en oor hoe om landskapfotos digitaal op die rekenaar te verwerk en proseseer.

 

 

Views: 876

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on December 13, 2012 at 6:20pm

Baie dankie Lientjie vir die waardevolle inligting.

Comment by Petro Geldenhuys on December 12, 2012 at 10:24am

Baie dankie Lientjie... ek leer elke dag en hopelik eendag....

Comment by Susan on December 11, 2012 at 6:56pm

Baie dankie vir dit wat jy met ons deel. Waardeer dit baie. Dit is so lekker om by Pro's te kan leer.

Comment by Anet Potgieter on December 11, 2012 at 9:13am

dankie Lientjie vir jou inligting en fotos. baie mooi.

Comment by Sandra Grobler on December 11, 2012 at 8:21am

Baie dankie Lientjie - my lysie van "onthou" wat ek in my kamera sak sit word al hoe langer!

Comment by Rudi Kleynhans on December 10, 2012 at 8:09pm

Dankie vir al die nuttige inligting, Lientjie - die foto's is asemrowend!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html