Nee ek het nie van Fotoskool vergeet nie. Wel bietjie afgeskaal die laatste tyd maar beslis nie stil gesit nie. Eerstens aan julle almal 'n geseende en voorspoedig 2012.

Ek het my eie blog begin ( http://jacquesvandelftphotography.blogspot.com/ ) en die blog gogga het my bietjie beet, so pleks van foto's instuur op die hoof blaai het ek besluit om foto's en die storie agter die foto's op FOTOSKOOL se blog pos te sit. Op my blog probeer ek my waarneming in my omgewing te deel met die wereld daar buite.

Op fotoskool waar my foto-stokperdjie tog eintlik posgevat het (Dankie Igno en die res van julle) wil ek van die foto's plaas en bietjie daaroor skryf in die Blog afdeling.

So my eerste blog pos is dan " Langs die pad". Die laatste paar weke werk ek weer op ons buite stasies en rits tussen die plase en op grondpaaie rond. Ek het einde desember 2011 ingeskryf vir 'n internasionale foto kompetisie oor voëls op die internet en natuurlik kyk ek nou net voëls terwyl ek ry. Ek moet se ek is verbaas hoeveel van hulle ek al die tyd misgekyk het.

 

Bietjie meer as 'n jaar gelede het ek by ons "NOVO" pompstatsie naby Wepener gewerk en 'n roofvoël betrap waar hy aan swaeltjie neste gehang het om die klein kuikens te vreet. Eers het ek gedink dis 'n wyfie Visarend. Twee weke terug sien ek die selfde soort voël weer en het toe gelukkig my kamera saam gehad. Nou weet ek dat dit nie 'n Visarend is nie maar wel die KaalwangValk (Gymnogene).  Hy is daarvoor bekend dat hy wewer-, windswael- en spegneste beroof om die kleintjies te vreet.

Hy word 60-66 cm groot. Gelukkig kry ek toe ook 'n paar skoote in terwyl hy weg gevlieg het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was nogal pret om die voël so af te neem en ek het besluit om maar weer my kamera meer dikwels op pad saam te neem. Natuurlik ook met die oog op die kompetisie.

Ek werk die laatste paar dae op Edenburg en ry vanaf Welbedachtdam grondpad via Reddersburg en kry op verskillende plekke die Jakkals voël op krag- en telefoonpale. Die eerste pogings was maar nie maklik nie want sit hy nie aan die verkeerde kant van die bakkie, vlieg hy weg wanneer jy te naby kom. Ook het ek die probleem opgetel dat die paal drade nogal in die pad kan wees. Ek begin toe verder voorentoe kyk en wanneer ek een sien stop ek ver genoeg van hom af, stel my kamera in en ry stadig nader. Van verkillende afstande begin ek dan my my 300mm Sigma lens te skiet in die hoop dat dit iets oplewer.  

 

 

 

Die Rooibors Jakkals voël.  Hy word ongeveer 44 -53 cm groot en in vlug uiter hy 'n kwêê geluid wat soos 'n jakkals klink.

Hy boer in heuwel-, of bergagtige streke en aangrensende grasveld.

 

 

 

 

Die reen van die afgelope jaar het plaasdamme weer laat vol word en 'n paradys vir watervoëls geword. Op pad van Welbedachtdam rigting Dewetsdorp id daar sulke plekke waar ek stilgehou het en op hierdie Bleshoeder (Redknobbed coot) met haar kleintjie afgekom het. Volgens Newmans se Voëls van Suider Afrika, die groen uitgawe, is dit die enigste pikswart watervoël met 'n wit voorkopskild en snawel.

 

 

  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die gewone Spekvreter (Familiar Chat) het op                   Met sy kastaiing kleurige mussie het hierdie

die damwal sy oggendhappie gevind en vir my                   swaeltjie kom rus op die takkie en my kans

kom wys.                                                                                gegee om dit op kamera vas te le.

 

Ek hoop julle geniet die manier van foto's deel. Ek het vandaag weer getoer en ge"snap" en moet nog die foto's gaan kyk en edit, tot 'n volgende blog....Groete,

Jacques van Delft

 

 

Views: 681

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on January 12, 2012 at 7:35pm

Hallo Jacques,

Baie dankie vir so 'n lekker inspirerende deel van jou fotografie-lewe! Ek sien sommer uit na jou volgende blog! Groete, Igno

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html