Hallo Fotoskolers!

Ek groet uit 'n lekker warm King Williamstown waar ek more 'n aanbieding moet doen! Voorspoed vir 2014! Ek sal darem binnekort 'n brief aan almal uitstuur met die idees en planne vir 2014.

Een van die dinge waaroor ek dikwels navraag kry is die LEADERBOARDS op fotoskool. En nou wil ek vir julle die slegte nuus breek... ek het nie 'n idee hoe dit werk nie! Dit word deur die bedienaar beheer. Ek het ook persoonlik geen erg aan die Leaderboards nie, (omdat ek nie weet hoe dit werk nie :-)) en het dit al drie keer verwyder. En elke keer is ek oorval met mense wat dit ook nie verstaan nie - om dit terug te plaas. Sien, die LEADERBOARDS lei tot lekker gesprekke, maar dit is waar dit eindig. Dis amper soos Inkandla, almal praat daaroor, maar niemand kan iets daaraan doen nie.

So, dit is dan die ding - Fotoskool het sy eie Inkandla! Ons hou dit vir die pret. En as dit mense werklik pla kan ons dit dalk nasionaliseer...Ek is seker ou Julius sal vir ons 'n bydrae maak, synde ons aan die EFF behoort - die Ekneem Fantastiese Foto's party.

Viva die Leaderboards... soos die meeste politice in ons land is hulle hier vir vermaak en gesprek, en nie om 'n besonderse bydrae te lewer nie. Tog, dit sal baie meer vervelig wees sonder hulle :-)

Groete

Igno

Views: 118

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Annatjie Conradie on January 23, 2014 at 11:21am

ek wil weet watter datum se Weg is dit met die foto`s storie op die voorblad. het iemand dalk vir my een of waar kan ek een bekom groot asb

Comment by Susan on January 13, 2014 at 5:56pm

Baie dankie Igno vir die verduideliking en ek glo ons kan nou nog lekker gesprekke hê en weddenskappe aangaan al weet ons nie. Nou is dit 'n raaiskoot in die donker....

Voorspoedige jaar ook vir jou en gesin.

Comment by Gerrie Lambrechts on January 13, 2014 at 1:33pm

Dankie vir die inligting, nie dat dit aan my enige verskil maak nie, het darem al vir my kinders die foto gestuur as dit darem ook die LB haal sodat hulle kan sien ek leer by hierdie heerlike skool op die Net.  Ek het hulle ook al aangespoor om die kamera's te gryp vir besondere tonele wat hulle pad kruis, dan word dit weer vir my gestuur vir krit. Lekker week FotoSkolers en lekker kiek.

Comment by Pierre Hardinge on January 13, 2014 at 10:03am

Dankie Igno.....beteken dit dat ons nou mag toy-toy as ons fotos nie op die Leaderboard verskyn nie ?? ...LOL... Watter kleur sal ons Berrette wees...seker nie rooi nie...dit mag dalk stereotiep voorkom....LOL....VIVA EFF...VIVA  EFF!!!!!!!!

Comment by Doretha Kock on January 13, 2014 at 8:42am

Dankie Igno.  Dit maak nie saak hoe leaderboards regtig werk nie.  Dit bly interessant en elkeen het mos maar sy eie opinie.  Dankie vir die Leerskool en Voorspoed vir 2014.

Comment by Madeleine Hardinge on January 13, 2014 at 8:33am

Goeie dag Igno, baie dankie wil ek eerstens se vir fotoskool waar ons kan leer, gesels, pret he en sommer ook nuwe vriende gemaak het.  Ek waardeer dit baie om aan fotoskool te behoort.. 'n mens voel soos een groot familie.. en elkeen is uniek hier. Dankie vir die verduideliking oor die leaderboards.  Nou weet almal wat aangaan. Hiermee wil ek ook vir jou en jou gesin 'n Voorspoedige 2014 toewens met als wat mooi is en dat fotoskool nog vir jare en jare sal bestaan!! Viva Fotoskool Viva !! LOL

 

Comment by Piet Nel on January 13, 2014 at 5:36am

Dankie Igno 

Comment by Pieter Steyn on January 13, 2014 at 5:15am

Dankie Igno soos ek gesê het dit sorg vir lekker gesprekke - hou dit - en jy het dit mooi gestel hou van die party wat jy gestig het - sal aan hom behoort. Sommiges maak tot geld uit die leaderboard met weddenskappe wat aangegaan word - lol

Groete

Comment by Dine Potgieter on January 12, 2014 at 9:41pm

Dankie! Soms "boost" dit egos, soms die teenoorgestelde, maar die leaderboards is 'n lekker manier vir mense van buite om vinnig 'n lekker versameling fotos van FS te kyk en 'n idee te kry wat aangaan.  Ook vir Fotoskolers wat 'n rukkie uit sirkulasie was, is dit 'n manier om vinnig 'n bietjie op te vang. Hou dit asb!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html