Dagse aan almal wat hier lees. Ek wil net graag julle opinie hoor rondom Leaderboards. Ek wil net graag weet hoe word die top foto gekies,sowel as hoe word die top member gekies ? My rede hoekom ek vra,en ek bedoel niks hierby,of is suur oor iets nie..ek wil net weet of daar gekies word deur die aantal "likes" wat 'n mens se foto kry,of die aantal "comments" wat mens kry per foto ? Ek is iemand wat hou van regverdigheid,en ek voel net dat as dit is hoe die voting stelsel werk, dan kry almal nie die kans om gekies te word as Top member,of top photo nie. Ek glo dat baie van die lede wat hier op is,het 'n werk en kom dalk saans laat by die huis,en moet dan fotos oplaai,terwyl sommige lede heeldag op Fotoskool kan sit,met die gevolg dat hulle 'n groter kans staan om meer populer te raak,en meer likes en comments te kry by ander lede. Ek hoop dat ek sin maak,en dat ek nie te veel haatspraak sal kry nie,maar dis ongelukkig hoe ek voel oor die saak. 

Views: 136

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Stephen Fouche on June 19, 2012 at 2:47pm
Ek is nou in 'n mate spyt dat ek die blog begin het,en ek vra dan onverskoning as ek dan verkeerd was. Ek wil net he dat almal moet gelyke kanse he,en ook gelukkig wees. En hiermee wil ek die blog nou heeltemal finaal afsluit.
Comment by Gerrie Lambrechts on June 19, 2012 at 2:30pm

Ek hoor jou Stephen, maar wat doen die persoon wat dan nou op die Leaderboard wil wees, meer as om ’n foto te plaas. As jou fotos mooi is en jy kry meer besoeke, dan kan jy mos nie help nie. Op Rondrits het hulle dit gehad dat die een wat wou wen, ek glo vriende gebel en gesê stem vir my, maar hier is dit beslis nie die geval nie.

Comment by Stephen Fouche on June 18, 2012 at 8:51pm

Ek stem saam met jou Gerrie,maar daar is persone wat regtig uit is om te kyk of hulle heeltyd op die leaderboards kan bly. En ek gaan nie vingers wys nie. Ek het agtergekom dat hoe meer kere 'n mens op jou eie fotos comment,hoe vinniger bereik jy die vlak van top member,of top foto. En dit voel ek net is in 'n mate verkeerd. Almal behoort 'n beurt te kry om ook op die leaderboard te kom. Dis nou maar my stuiwer in die beurs om dit nou so te stel. Ek wil niemand kwaad maak nie,ek glo maar bloot net in regverdigheid..

Comment by Gerrie Lambrechts on June 18, 2012 at 8:43pm

Ek dink die een wat tyd het vir FS "good Luck" as jy ’n besige mens is maar af en toe tyd het om ’n foto te plaas of om ander se fotos te kyk goed so, dit gaan mos nie oor wie wat wanneer doen nie, maar oor wat ons almal hier leer. En glo my ek lag nou vir my honderde fotos wat ek nie kan waag om te plaas nie, want ek het in die kort tydjie soveel geleer dat ek my eie foute raak sien. Of ek nou die Leaderboard haal of nie, ek het aangesluit vir die kennis wat ek opdoen.

Comment by Martha van der Westhuizen on June 18, 2012 at 11:03am

Watse voordeel trek die mense op die leaderbord (behalwe hulle naam) wat ek nie van weet nie...? 

Comment by Stephen Fouche on June 17, 2012 at 6:23pm

Baie dankie vir jou terugvoering Igno. Dit beantwoord in 'n mate my vraag,maar wat dan nou van die mense wat 'n besige werk het,en nie altyd die kans of tyd het om hier uit te kom nie..gaan hulle dus nou nie voordeel trek hier uit nie ? Vra maar net..

Groete

Stephen

Comment by Igno van Niekerk on June 17, 2012 at 6:17pm

Hallo Stephen

Die Leaderboards is bloot gebaseer op betrokkenheid en geensins 'n kompetisie nie. Dit is meer 'n aanduiding van wie die aktiefste is en watter foto die meeste ge"view" word. Dit is amper soos wat register op skool was - net 'n klas om te sien wie doen wat...
Eintlik bloot van akademiese belang...

As iemand se werk egter aandag trek, dan word daardie persoon ge - FEATURE.

Hoop dit maak sin.

Groete

Igno

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html