Lees gerus hierdie stuk oor 'settings'

Views: 106

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on March 28, 2016 at 10:01am

Goeie stuk en ek stem nogal saam. Dit maak baie, baie meer sin om 'n beginsel te probeer verstaan, as om 'n klomp setting-reseppies te probeer memoriseer. Voorbeeld-settings mag wel 'n vertrekpunt vir 'n onervare fotograaf wees, maar daar is baie slaggate. 1) Selfs net 'n effense verandering in lig, maak dikwels die ander ou se settings onbruikbaar. 2) Bowendien is die foto dikwels so verwerk/ gefotoshop na die tyd, dat die EXIF-settings in teoreties presies dieselfde omstandighede NIE vir jou dieselfde foto soos hy op FS geplaas is gaan gee nie.  3)Heelwat fotos op FS is ook met die kamera op Auto geneem - jou kamera se auto-algoritmes gee dikwels 'n ietwat ander kombinasie van ISO, spoed, en lensopening as wat 'n ervare fotograaf op manual sou kies.

4) Sommige fotograwe plaas die settings, omdat dit sou "bewys" dat hulle nie die foto iewers "gesteel" het nie. Ongelukkig ook ongeldig - met basiese kennis kan jy settings vir 'n foto uit jou duim suig - natuurlik gaan dit waarskynlik nie 100% in die kol wees nie, maar ek sal 'n duur bottel enkelmout verwed dat niemand dit gaan bevraagteken nie... Ok, ok - alle whisky is deesdae duur...

Indien iemand na die lang relaas nog steeds desperaat is vir settings (to each his own), laai 'n EXIF-reader af (nie eers altyd nodig), maak die foto op full-size oop, en voila!

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html