hallo, kan iemand raad gee asb. Ek het 'n nikon D3000 by iemand gekoop maar sy lens is stukkend, ek moet dit vervang. Aangesien ek moet 'n ander een koop, wat sal die voorstelle wees. Moet ek opgradeer of moet ek maar by dieselfde een bly. Dit is die standaard lens wat hulle mee uitkom. Dankie as iemand my kan help.

Views: 93

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by charmaine van der merwe on October 17, 2012 at 2:06pm

Hallo almal dis weer ek. Op my vorige panasonic kamera het ek 'n "burst feature" gehad. Waar ek 5-8 vinnige fotos kon neem, veral van beweegende goed. Kan iemand my se of ek dit met die Nikon kan doen, en hoe?

Comment by Hennie Cronjé on October 6, 2012 at 8:31am

Ekskuus - hieronder het ek die Nikon 18-200mm lens bedoel.

Comment by Hennie Cronjé on October 6, 2012 at 8:30am

Die beste keuse is die Nikon 18-300mm lens. Dis skerp en 'n lekker gebruikslens. O, jammer - ek sien jy't klaar 'n Sigma gekoop. Effektief is dit 'n 105-450mm lens wat vir jou lekker telefoto beelde sal gee. Jy sal egter 'n wyehoeklens ook nodig hê, bv 18-55mm.

Comment by charmaine van der merwe on October 4, 2012 at 9:23pm

Dankie julle, ek het toe 'n sigma 70-300 gekoop ek dink dit was 'n  goeie kopie.

Comment by Henk Pretorius on October 4, 2012 at 8:47pm

Jong ek weet nie so baie nie, maar afhangende van hoeveel jy wil spandeer, is 'n 18-200mm lens dalk 'n goeie idee, dis bietjie deurder, maar jy hoef nie lense te ruil nie, elke keer as jy lense moet ruil verloor jy kosbare tyd en staan die kans om stof in jou kamera te kry....maar hulle is duur, ons spaar self nog vir een.

Comment by Gene on October 4, 2012 at 7:43pm

Stuur my jou tel no , ek sal jou 'n kontak gee wat jare lank Nikon gebruik vir meer raad oor jou probleem.

Comment by Derik Schoeman on October 4, 2012 at 6:53pm

Gaan  kyk op ODP se Classifieds daar is 'n hele paar kit lense tweedehans te koop vir goeie pryse. Volgens my is die D3000 nie 'n slegte intree kamera nie.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html