Hoop iemand kan my help met goeie raad asb.

Ek wil gou hoor ek soek n lens 70mm x 300mm maar kry net oralste n 75mm x 300mm dit vir n Canon kamera asb julle almal se ek maak n fout om die 75mm x 300mm te koop?

Die probleem is ek wil nie n groter lens he nie want my arm raak lam en dit is nou ideaal vir my ....asb julle eerlike opinie sal opreg waardeer word.

Views: 105

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerhard Niemand on May 6, 2014 at 3:36pm

Die lens sal op die 1100D ook werk

Comment by Belinda on May 6, 2014 at 10:10am

Ek het die Canon EOS 1100d

Comment by Gene on May 5, 2014 at 9:33pm

Sigma 70-300 kom in drie opsies . Goedkoop , middel en effe meer.

Die 70-300 DG / Makro is nie sleg nie , maar jy moet werk om die resultate te kry. Die APO opsie is beter - steeds moet jy leer waar daai lens gaan resultate gee. Die DG APO IS die meer gebruiker vriendelike een en sal ook vir jou werk

Canon 75-300 mk III USM is ook in my sak , en met AV/ISO800 f8 - 1/3 EV stelling sal jy ordentelike resultate kry op 'n 450/500/600/650 Canon.

Comment by Gerhard Niemand on May 5, 2014 at 4:34pm

'n Goeie en betroubare plek om vir 'n 70-300 te soek is op www.bidorbuy.co.za

Comment by Gerhard Niemand on May 5, 2014 at 4:26pm

Ek sal nie vir 'n 75-300mm gaan nie. Die fotokwaliteit van beide die Sigma 70-300 en die Canon 75-300 is maar redelik sag. Die Canon 70-300 is baie goed

Comment by Belinda on May 5, 2014 at 2:27pm

Hi Elna

Ek sal gaan kyk dalk moet ek dit dalk oorweeg om eerder te doen.

Baie dankie ek laat weet julle.

Comment by Elna Geringer on May 5, 2014 at 2:23pm

Hi Belinda Ek het ook die Sigma 70x300mm en ek gebruik dit veral vir voels in vlug, Dit werk nogal vir my. Dit het nie n vreeslike sterk zoom aksie nie en ek moet maar redelik naby wees aan dit wat ek wil afneem.

Ek het n linker skouer operasie gehad 18 maande terug en kan ook nie lense met te veel gewig hanteer nie. Die 75x300mm ken ek glad nie

As jy in Pretoria omgewing bly sal dit die moeite werd wees om na Outdoor Photo in Garsfontein Straat te gaan,hulle het 2de handse toerusting wat nie so duur is nie en jy kan ook by hulle toerusting huur. Jy moet dalk dit doen voor jy die lens koop

Sterkte jong,dis maar n redelike moeilike besluit wat mens moet neem

Laat weet ons hoe jy daarmee vaar

Groete

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html