ek wonder of julle my bietjie raad kan gee enige iemand is welkom. Ek het n Nikon D3000 met die twin lense 18-55 en 55-200. Ek soek n lens vir wild en voels en het gekyk na die sigma 150-500. Ek doen fotografie as n stokperdjie en ken nie photoshop nie maar ek is alewig opsoek na n nader skoot, veral in die wildtuin. Is dit die moeite werd en sal die lens met my kamera werk? Groete Charmaine

Views: 157

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Jaco Prinsloo on January 1, 2015 at 10:42am

Hi Charmaine, het jy die Sigma lens gekoop en is jy tevrede? Ek oorweeg die 18-200 merkll vir my Canon 70D maar is so bang ek maak 'n fout.

Laat weet asb.

Groete

Comment by Hennie Cronjé on November 27, 2014 at 7:46pm

Hi Charmaine. By lense geld die reël "You get what you pay for". In orde van kwaliteit (hoog na laag) sal ek die volgende voorstel: Nikon 500mm f4, Nikon 300mm f2.8, Nikon 300mm f4, Nikon 80-400mm, Sigma 120-400, Sigma 150-500. Onthou, op jou kamera sal 'n 300mm lens effektief 450mm wees sonder verandering vd f-stop. Vir wildlewe het mens minstens effektief 400mm nodig. As jy by 'n 300mm lens 'n 1.4X teleconverter bysit, het jy 300+150mm, effektief ongeveer 600mm (maar die f-stop gaan een stap op). So, kyk wat kan jy bekostig en koop die beste een daarvolgens.

Comment by Gerhard Oosthuizen on November 20, 2014 at 7:31am

Hi Charmaine, ek het die Nikon 80 - 400mm VR lens tweedehands gekoop en gebruik dit ook op my D90. Is baie tevrede met die lens, so dit is ook 'n opsie waarna jy kan kyk.

Comment by Gene on November 18, 2014 at 8:04pm

Kyk ook na die Sigma 120-400.

Comment by Charmaine Lombard on November 18, 2014 at 9:07am

Dankie SJ ek is nog opsoek na 'n plek wat goeie pryse bied maar ja dit is maar skaars!

Comment by SJ Botha on November 18, 2014 at 8:18am

Dit sal werk. Ek gebruik ook dieselfde lens op my 2 Nikon D90's sonder enige probleme.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html