Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hallo almal!
ek het bietjie raad nodig. Ek is nog 'n groentjie, maar soek 'n 300mm lens vir my Nikon D3100. Ek het geen idee waar om te begin nie aangesien ek 'n limited budget het. Die nikor 55-300mm lens lyk na 'n goeie kopie? Ek wil die lens hoofsaaklik gebruik om natuur tonele af te neem. Ek het huidiglik die 55-200mm nikor lens, maar ek soek iets wat bietjie verder teikens kan bereik. Enige voorstelle?
Comment
Comment by Gene on August 3, 2012 at 6:42pm Hi Gerhard ,
Die lens sal goed wees vir jou.
Laat ek dit so aanspreek - jy kan 'n Mercedes AMG 600 of watookal onder jou boude he , met al die nuutste goed vir spoed en veiligheid ens ens. Maak dit jou 'n goeie bestuurder of dalk 'n Alonso ? Aikona.
Begin met 'n basiese stuk gereedskap en leer daarmee. Dan sal jy weet wat om te doen die dag as jy al die ekstras en luukses kan bekostig. Duur lense maak nie beter fotos nie.Dit maak net moontlikhede makliker.
Re Tamron/Sigma - Sigma word deur Tudorphoto in Slaapstad ingevoer en ondersteun met 3 jr waarborg. Ek het nie inligting/kennis oor Tamron in die land nie.
Jy het opinie van Elaine en van my - laat weet wat jy op besluit het en bowenal : wys wat jy daarmee doen.
Dankie Gene! Aangesien ek maar nog 'n groentjie is, gaan die lens nie bietjie moeilik wees vir my om te hanteer nie? Elaine, ek dink daardie Tamron klink na 'n goeie opsie. Sou jul die Tamron aanbeveel bo die sigma vir iemand wat nog leer?
Comment by Gene on August 2, 2012 at 9:46pm Vir sowat R 1500 , Sigma 70-300 DG Macro. AF is stadig , geen VR of IS. Macro is 'n plus.
Dis 'n basiese lens en jy moet leer om die voordeel daaruit te kry. Die feit dat dit geen foute toelaat nie is voordelig in die sin dat jy gedwing word om te dink wat jy doen voor jy die foto neem.
Comment by Elaine de Bruin on August 2, 2012 at 2:02pm Ek glo nie die lens is over-priced nie. Ekt myne gekoop toe dit op special was vir R 4 500. Dit gaan nou vir R 5 500. Dis altyd 'n goeie idee om te wag vir specials.
Ek weet nie of jy belangstel in Tamron nie, hulle het 'n Tamron SP 70-300mm f4-5.6 Di VC USD, wat ook 'n goeie lens is, hy het verlede jaar 'n Tipa award gewen vir beste entry level lens, hy is selfs effens skerper by 300mm as die Nikon 70-300mm lens. Ek sien SACamera verkoop dit vir R 4 000.

Comment by Hennie Cronjé on August 1, 2012 at 4:31pm Hi Gerhard, as jy naturtonele wil afneem, sal jy ook 'n wyehoek lens se funksie nodig kry. Jy kan dus ook na die Nikkor 18-200mmVR lens kyk wat op jou kamera ongeveer 28-300mm sal wees omdat hy 50% vergroot. My vrou gebruik een op 'n D90 en ons is baie tevrede daarmee. Dis 'n lekker "gebruikslens". Die lens wat Elaine hieronder van praat sal op jou kamera ongeveer 105-450mm wees wat net telefoto se kant toe staan.
Comment by Elaine de Bruin on August 1, 2012 at 3:34pm Hi Gerhard, ekt verlede jaar vir my 'n Nikon 70-300mm AFS-VR f4.5-5.6G IF-ED lens gekoop, eks baie tevrede met dit, jy kan op my profile gaan loer, al my wildlife & voël fotos is met dit geneem. Ek kan regtig die lens aanbeveel.
© 2013 Created by Igno van Niekerk.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool