Les oor Flash in kombinasie met "exposure compensation"

Hier is nou iets vrek interessant. En alle krediet aan Charles Whitehead wat by gister se Troufotografie-kursus hierdie les met ons almal gedeel het. 

Voor ek begin moet ek darem noem dat die kursus heerlik was, en dat ek 'n hele paar fotoskolers ontmoet het - wat net so lekker was. Hier is so 'n paar in aksie: (Ons model het seer sekerlik gevoel of die paparazzi op haar was!)

Nou vir die baie interessante les wat Charles toe vir ons almal leer. Kom ons veronderstel ons neem 'n persoon voor 'n venster af. Ons almal weet dat die lig wat deur die venster sal instroom die kamera se ligmeter gaan verwar. Dus gaan ons 'n donker figuur kry, met skerp lig agter. Maar geen probleem nie, as die flash aan is, dan is die figuur mos nie meer donker nie. Die foto lyk dan so iets: (Flash aangeskakel)

Maar nou is daar die probleem van die lig agter. Dit is totaal uitgewas. Kom ons veronderstel ons wil die agtergrond detail behou. Hoe nou gemaak. Wel, as jou jou flash aanhou, kan jy die kamera se exposure compensation (Daardie +/-  of EV knoppie bietjie draai) met so twee stoppe na links draai. Die exposure kompensasie gaan nou jou agtergrond help onderbelig, vergelyk dan nou die agtergrond op die volgende foto:

As ons dan nou weer meer lig op die model se gesig wil plaas, kan ons met die flash-exposure-compensation die voorgrond verhelder.

Speel gerus met hierdie tegniek voor oop vensters - dis baie interessant!

EN

NB NB NB: Onthou om altyd weer die Exposure Compensation terug te stel na 0 as jy klaar gespeel het - die kamera doen dit nie outomaties nie.

(maak ook daarna die gordyne van die kamer weer toe :-))

Lekker speel!

Groete

Igno

Views: 84

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Jannie Labuschagne on April 6, 2011 at 7:33pm
Dankie Igno Hierdie is nou baie leersaam en 'n mens kan dit baie goed gebruik

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html