Elke keer as ek 'n fotografie kursus aanbied leer ek. Dis die wonderlike aard van fotografie, die feit dat dit altyd nog moontlikhede bied. Leer gaan mos oor moontlikhede...mens leer iets om meer moontlikhede te kan sien en te kan ondersoek. Nou as ek 5 dinge moet noem wat ek weer geleer het gisteraand en vanoggend, sal dit dit volgende wees:

1) Toe die modelle gereed staan, die kameras gelaai is, die fotograwe oorgehaal is, vra Yvette die wonderlike vraag: "Waar begin mens?" - Dis dalk een van die belangrikste vrae wat mens voor elke sessie vir jouself moet afvra.Want jy kort antwoorde - antwoorde op die volgende vrae...
Wat wil ek vertel met hierdie foto?
Wat is die prentjie wat ek in my kop sien, en gaan skep met die kamera?
Hoe gaan ek my kamera se knoppies, my flash of enige ander toerusting gebruik om dit wat ek wil vertel op die beste moontlike manier te vertel.
Dankie, Yvette, jy het mens weer laat dink...en dink is leer.

2) Ons moes 07:30 op die kampus wees, teen 07:00 het dit heerlik gereen - goeiste wat maak mens? Tog, die reen het gelukkig bedaar - en die lig was fantasties. Onthou altyd dat moeilike weer lei tot goeie foto's. Daar is drama in die lig! As die son deurbreek of selfs net versagtend agter die wolke skuil moet die kamera naby wees...

3) Oefen, oefen, oefen. As mens die teorie verstaan, maar jy oefen nie, gaan jy nooit jou kamera se potensiaal kan benut nie. Speel met diepte van veld, speel met komposisie, speel... Daar is genoeg tyd vir werk! Mens het meer speeltyd nodig - speeltyd is leertyd.

4) Wees altyd wakker vir nog geleenthede. Een van die interessantste foto's van die dag is deur Cobus geneem toe die fotosessie verby is. Die dramatiese wolke wat weerkaats in die vensters van een van die geboue. Moet jouself nooit laat bind deur jou opdrag/idee nie. Wees wakker - interessante geleenthede is altyd daar vir die op-en-wakker fotograaf.

5) Fotogeleenthede is oral - vir die nag se huiswerk het Sonia 'n appel vars vol water laat spat met 'n spuitnaald, Cobus 'n hartjie geverf met 'n flits teen die muur, Pieter sy seun se speelgoedsoldate opgelyn om diepte van veld te demonstreer - elkeen het iets anders gedoen - alles binneshuis in die nag - tyd wat dikwels gebruik word om tv te kyk ... loer gerus in die huis vir makrofoto's, ligspeelgeleenthede, en ja, selfs vreemde militere moondhede...

6) Bonus: Geniet dit om te speel. Dit gebeur te min!

Views: 111

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Ewan Gloy on April 22, 2010 at 8:03am
Dankie vir al die inligting ek lees en hier en daar kry ek iets ingeneem.Ek neem nou so 6 maande fotos en geniet dit baie.Die rekenaar verstreer my egter moet altyd my vrou vrae om te help,dit sal seker met tyd regkom,is al baie beter ek wil my (profile) foto verander ek kry dit nie reg nie.Ek het nie eer die foto geneem nie ,help asb.
Groete Ewan
Comment by Yvette Makaum on March 15, 2010 at 11:49am
Ja, dit was nogal moeilik! Ewe skieilik mag jy nie meer jou apie knoppie gebruik nie en moet jy vir jouself dink. Jy sit met 'n magdom nuwe inligting maar weet nie hoe om dit toe te pas nie. Ek sal defninitief nooit weer met dieselfde oë na 'n foto kyk nie. Dankie Igno, die kursus was great!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html