Ek was vanjaar bevoorreg om een van die beoordeelaars van Volksblad se foto-kompetisie te kon wees. En weer eens het ek 'n paar dinge besef, ek deel graag:
1) Mense is verstommend kreatief! Dit sien mens uit die uiteenlopendheid, hoeke, onderwerpe en komposisie van die foto's.
2) Daar is niks so belangrik soos om jou kamera by jou te hou nie. Dit sien mens uit die aard van die foto's. Duidelik was sommige mense op die regte tyd op die regte plek. Dis beter met jou kamera as sonder jou kamera.
3) Smaak verskil! Sommige mense gaan van sommige foto's hou, ander het weer ander voorkeure. Dit maak nie saak nie - hou net aan om die stokperdjie/loopbaan en jou eie foto's te geniet.En waardeer dit wat ander doen - ek noem weer - smaak verskil. Probeer sien waarom iemand van iets hou waarvan jy dalk nie hou nie - dalk leer jy om dinge te sien wat jy nooit gesien het nie.
4) Goeie kennis van jou toerusting en komposisie is nie altyd noodsaaklik nie, maar dit help!
5) Hou aan groei in jou fotografie - gebruik al die elemente (fokus, beligting, diepte-van veld, kontras, komposisie ens) om jou storie te vertel - 'n foto is meer werd as 'n duisend woorde. Genoemde elemente, as hulle mekaar komplimenteer maak dit etlike duisende.
Nou ja, dis sommer net die eerste 5 dinge - daar is baie meer!
Ons gesels weer!

Views: 124

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Jacques van Delft on January 2, 2011 at 12:43pm

Hi Igno,

Ek kyk gereeld op die volsblad se kompetisie blad. November se wenners en die algemene wenners is tot nou nog nie geplaas nie.

Is dit al bekend? Sou graag wil weet, dankie

Groete, Jacques

Comment by Jacques van Delft on December 8, 2010 at 5:17pm
Hi Igno, julle het 'n baie moeilike taak gehad met die beoordeling. Ek stem saam dat die gehalte foto's wat ingestuur is baie goed is. Dis lekker om terug te gaan na die Volgsblad se webwerf waar die foto's gepubliseer is. Vir my as 'n beginner is dit inderdaad baie inspireerend. Ek voel ook baie geeerd om so vroeg in my nuwe hobby te kan "spog" met 'n foto in die Volksblad kalender. Groete
Comment by Helena van der Merwe on December 8, 2010 at 8:54am
dis goeie nuus. Een van my fotos is gekies vir die 2011 kalender. Klink my ek sal sommer nog baie by jou kan leer.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html