Lightroom 4 vrygestel teen meer bekostigbare prys

Hi Fotoskolers

Adobe het sopas Lightroom 4 amptelik vrygestel (nie meer in beta soos voorheen). Dit beloof om die beste Lightroom tot nou toe te wees. Boonop het Adobe die prys verlaag vanaf $175 tot $149 vir die volle weergawe. Die opgradering van 'n wettige weergawe is $79. Dit sal vir Suid Afrika ongeveer R1117.50 wees vir die volle weergawe en R592.5 vir 'n opgradering teen die huidige wisselkoers. Die grootte van die download is 718Mb, dus meer geskik vir die met vinniger internet verbindings

Volg die skakel vir die skakel na die "downloads" : https://store1.adobe.com/cfusion/store/html/index.cfm?event=display...

Vir die nuus : http://www.dpreview.com/news/2012/03/06/Adobe-Photoshop-Lightroom-4...

en vir 'n volle "review" van lightroom 4 : http://www.dpreview.com/articles/7481161037/lightroom-4-review

Views: 151

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elizma Fourie on January 12, 2013 at 9:23am

Import julle Lightroom 4 ook so stadig. Myne import nie eens al die foto's nie, dit is asof dit gaan hang en dit neem ure. Ek moes opgradeer vanaf 3 na 4, omdat die 5D mark III nie op LR3 kan werk nie, ek is bitter teleurgestel hieroor, en voel vir my ek het 'n klomp geld net gemors. Of het julle 'n manier hoe ek die import moet stel om dit vinniger te maak.

Comment by Igno van Niekerk on March 8, 2012 at 10:22pm

Hallo Phillip/Charles.

Ek het dit ook soos jy, Charles. So Phillip jy kan opgradeer :-)

Groete

Igno

Comment by Charles Whitehead on March 8, 2012 at 2:57pm

Phillip

Igno kan dalk net bevestig. Sover ek weet is die studente weergawe en die volle weergawe presies dieselfde program. Die enigste verskil is die voorwaardes waarteen jy die program koop. Indien jy 'n student is koop jy die volle weergawe teen 'n verminderde prys. Adobe beskou dit as 'n "belegging" omrede later wanneer die student begin werk, gaan hy weer Adobe programme koop en gebruik (teen volle pryse natuurlik :-) )

Dus is jou opgradering dieselfde as ons almal s'n

Comment by Phillip Olivier on March 8, 2012 at 2:37pm

Vandat ek Lightroom 3 gekry het photoshop ek baie min lightroom doen meeste van wat ek wil doen.  Ek het egter 'n studente weergawe daarvan, weet enigiemand of daar 'n aparte upgrade is vir die studente weergawe?

Comment by Charles Whitehead on March 8, 2012 at 11:38am

Schalk

Ek het myne ook alreeds afgelaai. Lightroom is regtig 'n goeie "workflow" program - vanaf die intrek en tag tot finale verwerking. Ek stem met jou saam oor Photoshop. Ek trek my fotos in met Lightroom, maar gaan altyd oor na Photoshop vir my verwerkings. Dit neem langer, maar daar is dinge wat Lightroom net nie kan doen nie :-)

Lightroom 4 maak egter baie verwerking makliker en gouer

Comment by Schalk Bezuidenhout on March 8, 2012 at 9:36am

Het LR4 vanoggend afgelaai... wonderlike program. Hele paar verbeterings, alhoewel die "sharpening" nog nie so goed is soos Photoshop nie, maar Photoshop is immers die vlagskip van Adobe. Sal maar steeds Photoshop gebruik vir "sharpening", maar verder behoort ek meestal met Lightroom te werk.

Comment by Igno van Niekerk on March 6, 2012 at 8:41pm

Adobe Announces Photoshop Lightroom 4!

 

Innovative Shadow and Highlight Recovery and Enhanced Digital Photography Workflows Mark A Milestone Release

Today Adobe announced the availability of Adobe® Photoshop® Lightroom® 4 software for Mac OS and Windows. Lightroom is the essential digital photography workflow solution helping amateur and professional photographers quickly import, manage, enhance and showcase their images. First released as a public beta in January 2012, the final version of Lightroom 4 is now available for US$149 for the full version and US$79 for the upgrade, providing an incredible value for photographers*. 

For further information, go to the Adobe Photoshop Lightroom page.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html