Beste Fotoskool-vriende

Help asseblief!

Ek beoog om 'n ligter kamera ook aan te skaf - vir oorsese reise.

Ek gebruik tans 'n Nikon D5200 met die Sigma-reislens van 18 - 250mm.

Hennie en ek het gesels oor die Nikon P7800 waarna ek sal gaan kyk.

Ek het nou ook 'n aanbeveling gekry van die Canon SX60 HS

Wie van julle het kennis van hierdie Canon asseblief?

Ek moet redelik vinnig 'n besluit neem.

Dankie baie.  Groete Tina le Grange

Views: 150

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on June 11, 2015 at 8:02pm

Tina jy sal nie n fout maak met die Canon sx 60 nie n top kamera wat baie mee gedoen kan word 

Comment by Pierre Hardinge on June 8, 2015 at 6:01am

Bring net jou beursie ook saam ....Dine

Comment by Dine Potgieter on June 3, 2015 at 8:31pm

Kamera-shopping!!! Wag, ek trek net gou my skoentjies aan!

Comment by Pierre Hardinge on June 3, 2015 at 6:54pm

Hi daar Tina voordat jy die besluit neem oorweeg tog om by Nikon te bly....en die rede daarvoor is dat wanneer jy opreis is wil jy nie werklik met n camera sit wat jy van vooraf moet leer ken nie......Nikon se OS is jy mos bekend mee bly eerder daarby.....om op reis te gaan en dan Sony of Canon of watookal mee te sukkel omdat jy dit dalk nie verstaan nie gaan jou in situasie sit waar jy dalk menigte goeie fotos gaan verloor....

Comment by Doretha Kock on June 3, 2015 at 9:38am

Hallo Tina, Ek is nie 'n kenner en daar is dalk beter opsie vir jou doeleindes, maar ek is meer as tevrede met die Canon SX60 HS.  Het begin met die SX20, toe SX50 en nou die SX60. Meeste van my foto's met hulle geneem.

Comment by Etienne Stassen on June 3, 2015 at 4:16am

Kyk ook na Panasonic se FZ 200. Hy dra n 25 - 600 mm Zoom Leica Branded wat F2.8 verskaf regdeur tot 600mm!

http://www.dpreview.com/articles/6698413448/dpreview-recommends-top...

Comment by Gene on June 2, 2015 at 6:39pm

Kyk ook na Olympus en Samsung se "Mirrorless" reeks.  Dis so effe bo die "Bridge Cameras" in sekere opsigte , meer kompak as DSLR maar groter as die ordentlike Superzooms. Keuses !

Comment by Willie Schoombee on June 2, 2015 at 9:18am

Tina ek ken nie Nikon nie, maar ñ vriend van my het sopas vir hom die Canon Powershot gekoop en dit neem fantastiese foto's en is lekker kompak vir reis, maar het ook ñ lekker ingeboude zoom funksie in die lens. Ek kan dit aanbeveel. Soos jy al van my foto's gesien het, het ek natuurlik die Sony DSCW70 opons oorsese reis gebruik wat puik foto's neem en dit is so klein ek steek dit sommer in my broeksak. Hoop jy gaan regkom!  

Comment by Pieter Steyn on June 2, 2015 at 8:52am

Het gou die twee so vining vergelyk - lyk of canon beter een van die twee is - maar onthou ek is canon "fan". Hy is nuwer model.

Comment by Pieter Steyn on June 2, 2015 at 4:35am

More Tina - hier is skakel waar jy die twee kameras met mekaar kan vergelyk en sien watter een gee vir joudie beste opsies.

http://www.dpreview.com/buying-guides?utm_campaign=internal-link&am...

4de blokkie van links af - Buying guide dan so 4 bloke af kry jy side-by side- compare - tik die twee kameras se name daarin dan kan jy rustig die twee met mekaar vergelyk en kyk watter een is reg vir jou doeleindes.

Hoop dit help

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html