Skolers,die van julle wat "experts" is met die makro fotografie,help asseblief.............

Ons gaan,met die wil van die Here, volgede jaar bietjie blomme kyk en ek sal  graag n lens wil aanskaf wat daartoe leen. Ek het ook tans mooi orgidee wat in my tuin blom maar nie een van my lense gee vir my die regte effek  nie

Enige voorstelle?

Ek wil so ekonomies as moontlik koop.

Groete

Elna

Views: 119

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on October 30, 2014 at 10:19am

Nou ja julle..........ek en die makro lens koop : episode 2

Ek het jou n Extension Tube EF25 II gekoop. Die 100mm makro lens gaan nog vir n rukkie n groot droom bly.(pryse net te hoog vir my)

My vraag nou is......watter lens koppel ek die buis mee? Ek het al die lense probeer wat ek het.Ek  gebruik 3poot,ek probeer ver en naby,ek probeer met of sonder AF,ek skuif vorentoe / agtertoe...........noem maar op.Die blom wil maar net nie in fokus kom nie.(tans speel ek maar met blomme/blare en derglike dinge. Beweging soos bye of skoenlappers werk nou nog nie by my nie

Die lense wat ek het is :

Canon 50mm 1:1.8

Canon 18-55mm (makro 0.28m/0.9ft)

Canon 18-135mm (makro 0.45m/1.5ft)

Tamron 16-300mm f3.5-6.3

Wye Hoek Sigma 10-20mm 1:4 5.6(die een het ek nou nog nie met die buis probeer nie)

Enige raad en hulp gaan groot waardeer word.

Comment by Elna Geringer on June 23, 2014 at 2:36pm

Dankie Josef en Albert. Ek sal bietjie gaan kyk.

Comment by Albert van Eck on June 17, 2014 at 9:24am

Beide lense wat genoem is, is baie goed. Alternatiewelik, kan jy ook kyk na wat "extension tubes" genoem word. Dit is basies 'n buis wat amper soos 'n lens lyk, maar geen glas binne het nie. Jy koppel dan net jou gewone lens op hierdie buis en neem so af.

Dit is egter nie so goed en "maklik" om daarmee te neem soos dit met een van die genoemde lense is nie, maar dit is 'n baie goedkoper moontlike oplosing. Onthou ook net om op 'n driepoot te werk. Dan ook as jy probeer fokus op die onderwerp, is dit gewoontlik maklikker om 'n basiese fokus te kry en dan i.p.v. te sukkel met die fokus ring, beweeg jou kamera (driepoot) nader en verder vanaf die onderwerp om 'n skerper beeld te kry. Fokus ook eerder self as om auto fokus te gebruik.

Die nadeel van die buise is dat jy baie lig verloor en dus 'n langer blootstellingstyd benodig of 'n flitslig. Sekere buise gaan ook jou auto fokus beinvloed, maar dit is in elkgeval gewoontlik maklikker om self te fokus. Laastens kan jy dalk sukkel om jou F-stopnommer te verander op 'n buis. Kyk maar by die winkels of dit vir jou sal werk. Lense gaan tussen R 5 000 en R10 000 kos en buise is sowat R 1 000. Probeer maar hou by die Canon of Nikon opsies. As jy dink jy baie Makro gaan wil afneem, koop maar eerder die lense.

Comment by Josef Steyn on June 16, 2014 at 8:08pm

Elna, daar is eintlik net een lens wat jy behoort te oorweeg nl die Canon 100mm makro met beeldstabilisering. (Jy skiet mos met Canon).  Dit is ongelukkig nie 'n goedkoop lens nie, maar jy sal nooit spyt wees as jy dit koop nie. As jy 'n Nikon het, hulle 105mm makro. Ook 'n baie goeie lens.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html