Op 'n koue Saterdagoggend was dit 'n heerlike voorreg om as spreker by die 212 Greatness Activation Seminaar in Johannesburg op te tree. Nog lekkerder was dat daar sommer 'n hele paar fotoskolers was wat die geleentheid bygewoon het! Ek hoop julle het dit sommer baie geniet! Omdat 'n groot deel van my lewe uit motiveringspraatjies bestaan is dit altyd lekker om dit met fotografie te kombineer. Maar dit was die laaste spreker van die dag wat my baie laat dink het.

Die onderwerp was dankbaarheid. (Gratitude). Dis so 'n wonderlike ingesteldheid om dankbaar te kan wees. Ek dink fotografie bied vir ons 'n ideale geleentheid vir dankbaarheid. Wanneer jy voor 'n pragtige landskap staan, of wanneer 'n makro-foto jou verras, of 'n wilde dier voor jou lens tot aksie oorgaan - elke keer is dit 'n rede tot dankbaarheid.

Is dit nie wat fotografie so 'n wonderlike stokperdjie/loopbaan maak nie?

Die feit dat ons met elke klik van die sluiter kan dankbaar wees vir nog 'n prentjie, nog 'n storie, nog 'n oomblik. So dikwels dink ons so hard aan sluiterspoed, lensopening en ISO. Ons dink aan komposisie en stabiliteit. Ons kritiseer en evalueer. Dit is alles wonderlik - jy sien, ons pogings om dinge so mooi as moontlik vas te vang is juis 'n getuigskrif van dankbaarheid. Ons wil immers graag reg laat geskied aan die pragtige oomblik. Tog, ons moet nooit vergeet om ook die oomblik te geniet nie. Om te weet dat ons die voorreg van die oomblik gegun word.

Ek dink dikwels aan Martie se 365 projek. Een foto elke dag van die jaar. Ek wonder of mens nie so 'n dankbaarheidsprojek kan loods nie. Neem elke dag iets af waarvoor jy dankbaar is...

Dit kan jou lewe verander.

Views: 290

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Liz on July 19, 2012 at 5:05pm

Wat kan ek meer se as net DANKIE dat God dit als vir ons moontlik maar ... my oorlede moeder het altyd gese jy het twee oe en ore en een mond. Gebruik dit om ons wereld te help bewaar. Vandag wil ek voortbou op haar wense en doen bewarings- bewuste projekte by die skool waar ek werk wat toe inderdaad oorgevloei het na ander skole. Mens moet met die kindertjies begin en hulle leer om motivering en dankbaarheid aan alles wat leef te betoon....

Comment by Gerrie Lambrechts on July 19, 2012 at 4:42pm

Baie dankie vir hierdie woorde Igno, my ou Moeder is op 89 oorlede en ek kan so goed onthou haar laaste gebed het sy afgesluit met die woorde, 'Heer maak my kinders altyd dankbaar' en hier leer ons oor en oor om dankbaar te wees vir vriende wat ons land se mooi en die wêreld se ver na ons toe te bring. Ek stem saam met Jimmy en en Tina wat altyd sê, wie kon dink mens kan op hierdie manier vriende word. Dankie vir FOTOSKOOL!!!!

Comment by Debbie Louw on July 17, 2012 at 5:47pm

Igno Dit was vir my so 'n groot voorreg om jou te kon ontmoet. Toe ek jou sien sê ek vir my vriendin "daai ou het ek al iewers gesien". Dit was so n wonderlike oggend en ek het baie notas gemaak en dit dadelik kom neerskryf. Nogmaals baie dankie 

Comment by Mariska Cilliers on July 17, 2012 at 11:43am

Sjoe Igno, jy slaan die spyker op die kop. Om deur 'n kamera te kyk laat jou dinge op 'n ander manier raaksien. In die fyner detail. En dit laat jou beslis die mooi raaksien. En dit is beslis wat fotografie so besonders maak. En dankie dat ons dit wat ons raaksien hier op FS kan deel. Om met dankbaarheid na alles te kyk, maar 'n mens se lewe vol, en laat jou beker oorloop.

Comment by Colin Hill on July 17, 2012 at 10:56am

Ingo weereens dankie vir die uitnodiging.  Ek het weereens besef dat 1) ons baie onvergenoegd is en 2) dat ons fotos n motvering vir ander kan wees as ons dit reg gebruik.  Jammer ons kon nie persoonlik ontmoet nie maar dit sal nog gebeur.

Comment by Robbie on July 16, 2012 at 10:23pm

Ek is regtig bevoorreg dat ek dit kon bywoon Igno. Dankie vir die pragtige praatjie en dit was  sommer lekker om jou passie te aanvaar.

Comment by Anita du Toit on July 16, 2012 at 9:58pm

Dankie vir jou blog oor dankbaarheid. Hierop kan ek net ditto. Ek dink 'n mens met 'n dankbare hart SIEN geleenthede raak. Elke keer as ek 'n mooi landskap afneem dan besef ek net hoe bevoorreg ek is om dit te kan vasle op kamera. Dankie vir FS wat ons leer om meer afgerond te raak met die druk van die knoppie.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html