My eerste roofvoel en dan nog met sy prooi ook!!!! Jislaaik maar dit was nou werklik n "Avontuur" gewees vol drama, angs en opgewondenheid.....lol...
Ek moet net vertel....
So het het effe laterig opgestaan vanoggend en na die tweede...nee... derde koppie koffie het ek die pad gevat na n nuwerige bestemming, n plek waar ek baie verby gery het, maar net nooit die afdraai paadjie gebruik nie en vanoggend was DIE dag gewees...
So kom ek toe by die perseel wat voorheen n ontgunning area was vir laagklip, maar tans is dit net een masiewe gat met water in waar daar so n paar voels hulle verblyf ingeneem het....plek is effe verlate, maar niks sou my vanoggend ontsenu nie....
Na n paar mislukte pogings om n kolgans of twee in vlug naby genoeg afteneem het ek my aandag verkuif na die twee Kormorante wat besig was om biltong te word op n droe boom wat uit die water uitsteek in die effe harde lig.... dit was ook n mislukking want die ouens was net te ver om genoegsame detail te kry.
Dit is toe ek maar my aandag verskuif na n paar Kiewiete wat al heel oggend vermakerig rond vlieg en ....ja....lawaai!!! Daar was darem n bietjie meer sukses met hulle gewees en het so twee of drie mooi aksie fotos van hulle gekry. Dit was tydens die "Kiewiet-sessie" wat ek n roofvoel oplet wat baie hoog rondsweef maar die was ook net te hoog gewees vir enige ordentlike foto...
Na n tydjie het ek maar besluit om n bietjie verkenning te gaan doen en die tweespoor paadjie aangevat al by die heuwel op. Dit is toe wat ek weer die roofvoel gewaar wat hierdie keer heelwat laer is aan moeder aarde, maar nou is ek aaan die bestuur teen n heuwel op en prober die roofvoel agtervolg...."Padlangs" natuurlik... eers verloor ek die ou uit die oog en toe.....ieweskielik swoop hy neer en "Crashland" in oop stuk veld langs die "Pad" die stop, handbriek optrek afskakel kamera gryp en deur saggies toemaak was een beweging van absolute grasie en swier en toe voeter ek op die grond neer....dik die hel in pluk ek myself weer reop en soek vir roofvoel net om te sien hoe hy vir my staan ek kyk terwyl hy sy ontbyt eet...seker gedink die ou met langswartding in sy hand is van looitjie getik...
In alle haas restorer ek my houding en kyk vinnig rond of daar nie n mens naby is wat my dalkies gewaar het nie...nee...niemand...en met ego herstel begin ek fotos neem en soos ek neem so loop ek nader....julle weet mos jy wil so na as moontlik kom.
In n poging om agter n Port Jackson bos in te duik wat ek as verdere kamoflering kon gebruik kom ek agter dat ek nie enigste een was wat die idee gehad het nie...en reg langs my...net n arm lengte....le n pragtige gladde lang geelslang met skerp oge en gladde tong aaan sy kant en n paar briek merke in my nou "Nie so skoon onderbroeek nie".
Dit was maar toe waar besluit het dat ek maar die aftog sal blaas en stadig en versigtig rittereer...ek kan eintlik nie meer onthou hou vining ek by die kar gekom het nie eks seker eks vir Hussein Bolt goeie "Go" gegee het.
Met my aankoms by die huis het dit my n verdure twee kanne koffies geneem om tot verhaal te kon kom...
Wat is die les wat ek hieruit geleer het?
Net mooi niks....ek sal dit weer doen, want ek het my foto....

Views: 150

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Doretha Kock on March 4, 2015 at 10:16am

Kostelike beskrywing, Pierre!

Comment by Annelize Barnard on February 26, 2015 at 5:06am
Pierre dit is net na 5 ek nou so leka gelag want ek kan al hierdie hele stori voor my oog sien gebeer. Hahaha well done ek se ook ek sal enoge ding doen solank ek my foto kry.
Comment by Vida van Schalkwyk on February 23, 2015 at 8:41am

dankie vir jou lekker beskrywing - het my verbeelding aangegryp en ek moes lag = aanhouer wen, hou van jou foto!!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html