Ek het op die webwerf gesnuffel en in die proses ontmoet ek n skrywer wat die volgende wysheid kwytraak. Die konteks is dat hy oorval word deur fotograwe wat nie kan wag om van nuwe fotografie toerusting (kameras) te hoor nie. Ek haal hom aan:

Be happy with the Nikon (Canon, Olympus, Pentax, Samsung, Sony, Panasonic) gear you already own. Get out there and make some great photos. Stop worrying about the next new series of camera and lens models. Howard Carson.

 

Wat dink julle?

Views: 98

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on May 16, 2011 at 9:15pm

Hallo Julle -

Weer eens sommer 'n lekker gesprek. Het vanaand nogal daaraan gedink toe ek na Rudolph se foto kyk (lees gerus ook sy kommentaar by die foto). Dis een van daardie foto's waar 'n goeie oog en tegniek 'n goeie foto maak, maar waar ek glo hy ook gewens het hy kon sy duurder kamera by hom gehad het. Wys nogal die argument is aan beide kante waar! Groete, Igno

Comment by Charles Whitehead on May 13, 2011 at 1:20pm

Frans

 

Ons dwaal nou so effe af van die oorspronklike opmerkings, maar dis altyd lekker om oor die dinge te spekuleer

 

Alles wat mens lees is ook maar so effe misleidend. My Canon 1D Mk4 kan ook tot op ISO 102400 gaan net soos Nikon s'n, maar belowe jou jy wil dit nie doen nie. Dieselfde met Nikon. Die claims wat gemaak word moet ook mar met 'n knippie sout geneem word. Die hoë ISO noise soos ander aspekte raak darem beter met elke geslag

 

Wat altyd 'n goeie ding is is die kompetisie tussen die vervaardigers. Eintlik raak die prys van tegnologie goedkoper die heel tyd. Vir dieslefde prys as jou huidige kamera kan jy volgende jaar 'n baie beter model koop vir dieselfde prys.

 

Wat jy noem van die aardbewing en tsunami in Japan is waar. Baie ontwikkeling is vertraag en pryse het duurder geword vir dieselfde produkte. Ook is daar skaarstes met sekere items. Daar was ook vetragings op produkte wat nou geskeduleer was.

 

Die toekoms sal leer wat alles gaan gebeur. Ons bly egter in 'n baie dinamiese tyd van geweldige tegnologiese ontwikkeling wat die volgende 5-10 jaar nog revolusioner gaan verander. Mens wens jy kon so effe in die toekoms sien !

Comment by Frans van Heerden on May 13, 2011 at 11:37am

Charles

Dankie vir jou kommentaar en ook vir die verwysing na ander web bladsye. Ek het nagelaat om te noem dat die ander vd konteks waarin die uitspraak gemaak is, spesifiek handel oor n versugting na n "upgrade" op die D700. Blykbaar is daar mense wat "glo" dat Nikon dit aan die fotografie gemeenskap "skuld" om n D700s of selfs n D800 op die mark te sit. Verder noem die skrywer dat daar self n verwagting is vir n verbeterde D3s en D3x. Waar Nikon eindelik mee vorendag gaan kom kan weet ek nie. Ek sien ook dat daar verwag word dat Nikon die "beloofde"  en sg. "mirrorless" kamera op die mark gaan plaas. Ek dink egter die tsunami in Maar wat Japan getref het n veel groter effek gehad en dit het verseker nie vervaardiging van kamera vertraag en derhalwe wil ek dink ook die R&D proses.

Ek persoonlik stem saam met jou en ek verkie senige tyd n duurder kamera bo n goedkoper stuk toerusting. Aan die eind evd dag, wil n mens jou toerusting geniet en wil jy, as dit sou nodig wees, selfs n ISO tot 102 000 te druk - sonder dat jy oor "noise" hoef te bekommer. As dei dekselse "greenback" net so magtig was nie en ons ou Randjie dalk n bietjie meer spiere gehad het, kon ons almal dalk so n kamera besit het.

 

Comment by Charles Whitehead on May 13, 2011 at 9:48am

Frans

dankie vir die opmerking en graag sal ek hierop so paar dinge wil kwytraak.

 

In beginsel is hy heeltemal korrek. Die belangrikste is tog om fotos te gaan neem, en eintlik kan enige kamera dit doen, selfs 'n mik en druk .....    MAAR   ......

 

...my opinie is dat alle kameras nie die "foto neem" proses ewe goed doen nie. Hier is verskillende dinge ter sprake soos

  1. Noise op hoë ISO
  2. Stadige of onakkurate fokus
  3. Swak lense
  4. Swak dynamic range (die verskil tussen die skadu's en highlights)
  5. Frustrerende menu's op enigiets te verander
  6. Baie fotograaf onvriendelik
  7. Goedkoper kameras se jpg kwaliteit laat veel te wense oor..
  8. en sommiges laat jou nie eers toe om in RAW te neem nie

ens

 

Weens die redes is ons almal maar op die uitkyk na beter en vinniger kameras en lense. Ons hou tog almal van goeie fotos en veral as dit van goeie gehalte is. Met 'n swak kwaliteit foto gaan jy maar net nie baie ver kom nie.

 

Ek neem glad nie hier weg van die feit dat die fotograaf eintlik die belangrikste rol speel deur 'n goeie foto raak te sien, die lig reg te lees en sy toerusting deeglik te ken nie, maar die kamera speel ook 'n belangrike rol hier.

 

Op die internet so ruk terug was daar 'n hele polemiek oor juis die feit. Lees gerus hier :

http://www.kenrockwell.com/tech/notcamera.htm

en die ander kant van die muntstuk :

http://luminous-landscape.com/essays/cameras-matter.shtml

 

Albei het 'n punt beet, maar ek neem darem eerder 'n foto met 'n R10000 kamera as 'n R3000 kamera. Waarom ?

Die duurder kamera se kwaliteit en funksies is darem net baie beter. As die fotograaf uitgereken word en dieselfde foto word met albei geneem, gaan jy 'n verskil sien

 

Almal gaan seker nie met my saamstem nie en elkeen is geregtig op sy mening. Met elke generasie word beter kameras en lense uitgebring met beter kwaliteit en na my mening is dit korrek om belang te stel en dalk op te gradeer indien die beursie dit toelaat. Ook moet darem daarteen gewaak word om dit bloot te doen net om die nuutste toerusting te bekom - daar moer darem 'n rede vir die opgradering wees.

 

Ons geniet almal die stokperdjie, en dit is 'n plesier om met goeie toerusting te werk. Selfs die wat dit doen vir 'n bestaan werk eerder met goeie en duurder toerusting en gradeer maar gereeld op

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html