Ek moes onlangs 'n paar werkswinkels en klasse in Kaapstad aanbied. Ek vlieg gewoonlik in, doen die ding en vlieg dan uit  maar as gevolg van sekere omstandighede het ek die keer 'n paar dae oop gehad. Hier was ek in die pragtstad en moes besluit hoe ek my tyd sou spandeer. Ek het toe besluit om vir 'n dag of twee af Agulhas toe te skiet. Ek het gehoor dat daar 'n mooi vuurtoring daar was en het gedink dat ek dalk in staat sou wees om 'n skoot of twee te kry ...


Toe ek daar aangekom het, het ek my na die vuurtoring toe gehaas met die gedagte dat ek voor sonsondergaan 'n paar fotos kon kry.




Ek het ook gehoor van 'n wrak van 'n bietjie verder langs die kus af was en was dus haastig om ook soontoe te haas.. Dalk sou ek 'n mooi sonsondergang met die wrak kon kry .. Die wrak was 'n paar km's kus af en ek het soontoe gery, die driepoot en kamera opgestel en vir die sonsondergang gewag ..


Nadat ek die aand deur die inwoners  met 'n pragtige geelstert vis braai bederf is en daarna met 'n goeie nag rus, was ek die volgende oggend teen sonsopkoms by die hawe , maar helaas, dit was heeltemal bewolk met geen sigbare son nie.. maar tog het ek 'n skoot of twee afgekry.




Ag wel ... Hopelik sou die sonsondergang 'n paar beter goeie skote bring.... ek sou die keer 'n bietjie verder afry en die wrak van 'n ander rigting afneem... meet die son teen my rug en op die wrak..


en dan sommer 'n mooi sonsondergangs foto..




Weereens het die plaaslike inwoners my soos 'n koning  behandel en na 'n wonderlike aand  was ek gou in die bed. Toe ek wakker word was dit maar weer bewolk. Ek het toe besluit om  weer die vuurtoring te gaan afneem..




En dan, glo dit al dan nie, 'n paar uur later was die wolke weg en die son was op sy volle krag ..



Met my terugkeer na die moeder stad het nog 'n verassing gewag... 'n vissersboot het daar op Clifton se spog strand gaan parkeer..




'n Gooie einde na 'n gooie paar dae..

Views: 461

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Albe Basson on June 21, 2012 at 9:22pm

WOW!!! stunning verby!!

Comment by Gerrie Lambrechts on May 25, 2012 at 4:18pm

Pragtige fotos, 'Carpe Diem' gryp die geleentheid.

Comment by Nickie Kotze on May 19, 2012 at 9:00pm

Robbie dit is regtig pragtige foto's. Hoe kry jy dit reg dat die water so mistig lyk by die sonsondergang foto's?

Comment by Mara on May 17, 2012 at 5:55pm

wow! dis asemrowend wanneer eendag gaan my foto's so lyk, dis verskriklik mooi!

Comment by Jannie Labuschagne on May 17, 2012 at 5:16pm

Robbie ek hou van jou storie wat jy vertel. Pragtige fotos ook

Comment by Corne Lourens on May 16, 2012 at 3:07pm

Baie mooi foto's Robbie. Die Kaap het darem maar die mooiste wolke.  Al die landskappe en "seascapes" is almal pragtig en ek dink die wolke maak daardie foto's altyd meer interessant.  Pragtige foto's van die skip op Clifton

Comment by Igno van Niekerk on May 15, 2012 at 8:42pm

Pragtige foto's, Robbie. En ek glo almal in die Kaap het sommer weer baie by jou geleer!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html