Ek het n Nikon D3000 en wil graag vir my n nuwe lens kry. Ekdie normale 18-55 mm en die 55-200mm soms voel ek ek kort net nog n ekstra bietjoe mm's!! Ek kan tans vir my n Sigma 150-500mm kry nuut teen n baie goeie prys. Ek neem fotos vir n stokperdjie. Wens ook altyd ek kon nader aan die voels en diere in die wildtuin kom. Sal dit n goeie koop wees en is dit n lens wat ek saam met my nikon d3000 kan gebruik?
Groete
Charmaine

Views: 61

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Shawn Fry on April 18, 2014 at 5:00pm

Hi daar. Ek het 'n 70-300 en dit is ' n lekker lens op n crop sensor kamera. Baie lekker hanteerbaar en goeie zoom. Die 150 -500 is bietjie lywig.

Comment by Renette van der Merwe on April 16, 2014 at 8:52pm

Ek stem ek het 'n sigma 150-500 en moet ter alle tye 'n driepoot by joi hê as jy hom wil gebruik. Jy kry natuurlik 'n vangaurd driepoot geen pote nie maak aan jou karvenster vas ideaal vir die 150-500 ek gebruik myne baie hy het 'n swaai aksie so jy kan hom in die rondte swaai en jou foto's is altyd reg.Watter lens jy ook kan probeer is die 70-300mm lens baie lekker lens om te gebruik.

Comment by Gene on April 7, 2014 at 8:07pm

My voorstel is : Sigma 120-400 vir 'n Crop frame sensor . Effe goedkoper as die 150-500 en 'n f stop meer lig. Ek ken nie die Nikon modelnommers om seker te wees nie , maar jy kan reken op 1.5 x meer op die Sigma vir 'n kleiner sensor [ Op my Canon gee die 120-400 eintlik 1.6 faktor ]

Meeste van my foto's hier is met die 120-400 APO OS DG HSM. Kyk na die prys tussen die twee , jy sal met ieder keuse nie spyt wees oor 'n Sigma nie.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html