N wonderlike web blad vir wildslewe (en ander) fotograwe

Om te besluit tussen die Tamron of die Sigma 150-600, is geen maklike keuse nie. Soos die gebruik is, gaan vra ons maar al te graag vir Dr Google. Ek wil graag een vd lense aankoop vir my vrou se gebruik.

In my soektog het ek op hierdie web ruimte afgekom wat my regtig beindruk en wat ek ten sterkste kan aanbevveel. Die blad is (www.kruger-2-kalahari.com). Dit word deur Mario Fazekas aangebied en bestuur.

Die blad bevat baie goeie, geloofwaardige en nuttige inligting. So byvoorbeeld, noem die blad watter rondawels in die Olifantskamp van die Kruger Wildtuin, die mees geskikte is om vanuit jou rondawel, wild maklike raak te sien.

Mario en sy vrou se foto's het my nuuskierig gelaat om die Madikwe reservaat te gaan besoek.

Ek was ook beindruk met die vergelyking wat hulle gedoen het die twee lense wat ek hierbo genoem het. Ek het by die lees vd toets resultate gedink dat die resultate word vir enige nie-tegniese persoon op n maklike lees en verstaan wyse aangebied.

Die web blad vervat ook nuttige inligting in verband met n verskeidenheid fotografie se bykomstighede.

Sou jy die blad besoek, kan jy ook op hulle nuusbald inteken.

Gaan loer gerus en besluit self.

Views: 87

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Pieter Steyn on August 2, 2015 at 5:37am

Baie goeie blad dankie vir die verwysing -kan mens lank besig hou.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html