Ek wil sommer met met julle 'n lekker webwerf deel, dis nou as jy sommer lui is, en jy wil blitsvinnig so iets maak:



Dit vat so 3 minute om te maak met shapecollage, wat jy gratis kan aflaai van die webwerf by:
http://www.shapecollage.com/

Omdat die program gratis is (mens kan opgradeer as jy wil), laat dit 'n klein watermerkie aan die regterkant onder, so as dit jou pla, ... koop maar...
Ek dink dis nogal 'n heerlike opsie om jou vakansie, 'n troue, of sommer enige ander foto's mee op te som.
Die program vra bloot dat jy wys na die "folder" waar die foto's is, en bou dan self die collage.
Lekker speelgoed!

Views: 50

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on March 8, 2010 at 11:00pm
Hallo Ina,
Jy moet dit drag na die wit skerm aan die linkerkant. (Maar ek dink dis wat jy doen)
Maak seker dit is nie RAW foto's nie - eerder bekende formate soos JPG
Plaas ook, as dit nie werk nie, 'n paar foto's in 'n folder en "drag" dan die hele folder na die wit deel links.
As dit nie werk nie, klik op die klein plussie links onder en gebruik die explorer opsie om jou foto's te gaan haal.
Laat weet gerus as jy vashaak!
Comment by ina olivier on March 5, 2010 at 12:13pm
Ek het shapecollage afgelaai, maar sukkel om die foto's oor te drag na die collage. Volg ek die verkeerde manier, of is ek net dom

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html