Iewers in die week herinner iemand my weer aan een van die ongelooflike waarhede van fotografie -

Soms neem ons net 'n foto - sommer net so 'n foto. Die oomblik is maar 'n doodgewone oomblik. Mense staan rond en gesels, 'n kind sit op sy driewielfiets... iets allerdaags.

Maar oor 'n paar jaar is dit nie meer allerdaags nie. Dan is dit 'n kosbare herinnering. 'n Foto wat mens terugneem na 'n ander tyd. Die kind is lank nie meer op die driewiel nie - van die mense wat staan en gesels het, het dalk oupas of oumas geword. Deur die gang van die lewe word oomblikke omskep tot herinneringe.

Ons moet die allerdaagse nie gering skat nie.

Neem hierdie naweek sommer net 'n paar gewone foto's.

Dis waardevol.

Meer waardevol as wat jy dink.

Views: 87

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html