Is daar iemand wat die Nikon D3200 gebruik. Is jy tevrede met hom. Ek sukkel met die "sharpness" van my fotos. my vorige camera was die D3000 en sy beeld was baie beter. Ek het om terug gestuur Nikon toe en hulle se hulle het die sharpness gestel maar ek sien nie n verskil nie. Laat weet asb.

Views: 128

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on December 14, 2012 at 9:31am

Henry, my seun het toe gearriveer met sy D3200. Ek het na foto's gekyk wat hulle reeds geneem het en ons het foto's hier geneem. Ek het hulle dan goed opgeblaas en die beeldskerpte beoordeel. Ek kon geen fout vind nie. Ek het ervaring van mik-en-druk kameras tot professionele kameras. Almal gee goeie beelde onder omstandighede wat nie tot uiterstes gaan nie. Onder uiterstes, soos 'n baie hoë f-stop, begin mens verskille sien. Beeldskerpte hang van verskeie faktore af, soos kamera-beweging, lens kwaliteit, f-stop (goeie lense gee skerp beelde onder enige f-stop) en soms hoë ISO. Jy moet dus verder as die kamera kyk. Die probleem lê meer waarskynlik in iets anders. Ek hoop jy kom reg. Hennie

Comment by Hennie Cronjé on December 8, 2012 at 9:50am

My seun-hul kom oor 'n week see toe en dan sal ek sy D3200 uitprobeer en jou laat weet.

Comment by Henry Inocco on December 7, 2012 at 7:34pm

Hennie. Dankie vir al jou mooite. Ek het hom gekoop hier in Bloemfontein by n digital handelaar en toe terug gestuur Nikon toe in Kyalami. Hulle het hom weer terug gestuur na my toe en gese daar was n paar stellings gedoen maar ek kon rerig nie n verskil sien nie. Soos ek gese het na dat ek al die stellings op sharpness verhoog het, is hy nou baie beter. Ek wonder of iemand anders die stellings probeer het en watter resultate gevind is. Miskien kan jy dit probeer met jou seun se kamera. Laat weet asb.

Comment by Hennie Cronjé on December 7, 2012 at 6:46pm

Henry, ek dink nie jy moet negatief voel tenoor die kamera nie. ALLE digitale foto's het sharpening nodig. Spasie ontbreek my om dit tegnies aan jou te verduidelik, maar glo my, dit is so. Die D3200 het regtig goeie resensies gekry. Digital Photo en Practical Photography, Brittanje se twee beste fotografie tydskrifte, het die D3200 as die beste intree kamera ("enthusiast D-SLR") vir 2012 genomineer. Dit sou nie gebeur het as daar fout met die beeldskerpte was nie. Net 'n laaste vraag: waar het jy die kamera gekoop? In SA sal jy beswaarlik 'n grys produk koop, maar in sekere oorsese populêre inkopie stede is grys produkte in fotografie nie skaars nie.

Comment by Henry Inocco on November 28, 2012 at 5:33pm

Hennie baie dankie. Ek het iets reg gekry deur al die settings, Std, vivid ens, op 9 te stel op sharpening. Toe ek hulle een vir een gestel het was daar nie baie verskil. Ek gebruik nou tans net landscape en vind dit is die beste stelling waarmee ek tevrede is. Net jammer ek het nie geweet dis n entry level kamera. My vorige een,D3000, kon ook nie auto focus met n F2.8 lens nie. Die groot hoeveelheid pixels het my getrek na die kamera maar die teluerstelling was groot. Glo nie ek het n pic om vir jou te stuur omdat ek almal moet sharpen op editor. Moet maar die beste maak met wat ek het.

 

 

 

Comment by Hennie Cronjé on November 28, 2012 at 8:09am

Die D3200 kry baie goeie resensies in tydskrifte en daar is sy image quality baie goed. My een seun het onlangs een gekoop en van wat ek daar gesien het, was daar nie fout nie. Stuur asb vir my 'n foto waarmee jy nie tevrede is nie na hscronje@gmail.com. Miskien raak ek iets wys. Hennie

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html