Goeie more

Kan iemand my bietjie advies/opinie gee. Ek wil graag vir my 'n nuwe SLR kamera koop. Ek neem nog heeltyd met Canon. Maar nou weet ek nie of ek weer 'n Canon moet koop of eerder oorgaan Nikon toe nie. Watter een van die sal julle voorstel?

Henriette

Views: 233

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Frans van Heerden on November 21, 2012 at 7:27pm

Hi Henriette het jy al kamera gekoop? Wat was jou besluit?

Comment by Tillie Beaton on November 19, 2012 at 8:35pm

Ek dink soos Hennie gesê het, dis of BMW of Mercedes.  Albei is goeie produkte en ek dink dit hang af waarmee jy gelukkig voel.  Persoonlik verkies ek Nikon bo Canon en wat my aanbetref, is my nasorg diens van Nikon puik.  Ek het so pas weer my Nikon D7000 ingestuur vir kalibrering en skoonmaak, asook een van my lense laat skoonmaak, en alhoewel die lens nie meer op waarborg was nie, het ek niks betaal vir die diens nie.  Ek het voorheen 'n Canon gehad, wat een van die eerste Bridge kameras was, en as dit moet, gebruik ek dit nog steeds, maar ek verkies my Nikon. Ek het die paar dae wat my Nikon D7000 was my Nikon D60 weer gebruik, en dit is asof jy 'n ou familielid omhels.   My broer, wat nou al amper 20 jaar terug oorlede is, was 'n persfotograaf vir Citizen en die Oggendblad (nou Beeld), en hy het altyd gesê, hy vergelyk die Nikon nie met 'n BMW of 'n Mercedes nie.  Vir hom is dit die Rolls Royce van kameras.  Miskien deesdae het tegnologie soveel verander, maar ek moet së:  ek is gelukkgi met my Nikons.

Comment by Donald E Jacobs 2nd on November 18, 2012 at 10:20am

Ek het n Nikon D7000 met 2 kit lense, en invergelyking met ouer DSR is ek beindruk met wat ek gekoop het, en verbaas my amper elke dag wat ek uit kry.  Die kuns is nie altyd in die toetusting nie, maar hoe jy dit benut.  In my opinie jy kan baie uitrig met n eenvoudige compact.  Van die mooiste wereld klas fotos was met compacts geneem.  So ken jou toerusting en drug dit die verste wat jy kan.  As ek dit kon bekostig sou ek ook vir die Canon D7 gaan, maar daar is so min verskil tussen die twee behalwe die prys en van die funksies.  Wat my wel beindrug met die Nokon D7000 is dit is weer bestand, en die sprooi van n brander het niks aan die kamera gedoen nie.  Die kamera is swaar in die hand en jy kan nie altyd sonder n tribeen staaner gaan nie.  Die vraag kom neem op wat jy wil doen.  Portrait foto's met n tripod.  As jy wil uitgaan om aksie foto's te neem kies n kleiner een soos die Nikon D800 of D80 wat baie ligter is en fantasise foto's neem maar is deur.  

Comment by Josef Steyn on November 18, 2012 at 8:55am

Henriette, jy het goeie raad gekry. Uiteindelik is die besluit joune alleen. Oorweeg goed en koop dan. Baie belangrik egter dat wat jy ook al besluit, jy jou dan berus by daardie besluit en nie later ly aan "buyers remorse" nie. Die kameras van die twee handelsmerke wat vergelykbaar is, is almal goeie kameras en sal jou nie in die steek laat nie. Onthou ook die ou gesegde dat 'n goeie foto meer te doen het met die persoon agter die kamera as die kamera self. Wat jy ook al koop, geniet jou nuwe kamera en ons sien uit na jou mooi fotos.

Comment by Henriette Zeelie on November 16, 2012 at 4:29pm

@ Oom Hennie, 

Baie dankie vir die raad. Dit gaan my regtig baie help om 'n besluit te neem!

Comment by Henriette Zeelie on November 16, 2012 at 4:12pm

@ Sandra ek moet se ek het so 4 weke terug 'n Nikon by iemand geleen om te kyk hoe die Nikon neem. Ek het dit baie geniet, maar oor ek met Canon neem is dit ook tans vir my meer "user friendly". Ek wil net seker maak ek koop die regte kamera en maak die regte keuse, want dit is maar 'n paar rand.

Comment by Hennie Cronjé on November 16, 2012 at 3:41pm

Beste Henriette

Oor hierdie onderwerp kan LANK gesels word! Dis soos wat is die beste: Mercedes of BMW?

'n Bietjie geskiedenis. Nikon is 'n ouer maatskappy en in die dae van film, het Nikon die septer geswaai. Hulle was veral bekend vir hul sterk geboude produkte. Toe digitaal ingekom het, het Canon gouer en beter vordering gemaak as Nikon en heelwat Nikon aanhangers het oorgeswaai na Canon. Op die oomblik verkoop Canon wêreldwyd 'n raps beter as Nikon. Daarmee saam het Canon se lenstegnologie geweldig verbeter en het hulle met verskeie lense die toon aangegee. Die laaste paar jaar het Nikon egter met rasse skrede verbeter, veral wat hulle lense betref en die beperking van noise. Gevolglik het heelwat mense weer omgeswaai na Nikon.

Met my kursusse kan ek net sê ek sien nie juis verskil tussen die twee sien nie. Die Nikons is vir my bietjie meer verbruikersvriendelik, maar almal sal nie hiermee saamstem nie. Waaraan mens gewoond is, is seker die belangrikste.

As jy 'n kamera koop, moet jy twee dinge besluit: wat wil jy spandeer en wil jy 'n volraam of "halfraam" kamera koop? 'n Belangrike beginsel is dat hoe groter die sensor van 'n kamera is, hoe beter is die beeldkwaliteit en hoe minder noise kry jy met hoë ISO. Die volraam kameras is dus beter, maar heelwat duurder. Goeie halfraamkameras is die Canon 7D en Nikon D7000. Goeie volraamkameras is die Nikon D600, D800 (miskien te veel piksels of spikkels) en die D4., asook die Canon 5D en 1D. Meer belangrik is die lense. Moenie "kit-lense' koop wat saam met die kamera geadverteer word nie. Koop vir jou 'n 18-200mm lens as jy 'n halfraam kamera koop of 'n 28-300mm lens as jy 'n volraam koop. Dis jou "gebruikslens". Daarna volg spesialislense. Die goedkoopste en mees bruikbare is 'n 100mm makro-lens (Sigma en Tamron maak ook goeies). Daaqrna volg 'n goeie telefotolens. Ek hoop dit help. Hennie

Comment by Sandra Grobler on November 16, 2012 at 3:22pm

Ja - dis 'n warm onderwerp hierdie!  Ek het maar gekyk na my eie persoonlike behoeftes en (jammer!) ek het van 'n hele paar (selfs professionele fotograwe!) gehoor dat Canon meer "user friendly" is as Nikon? Maar ek weet nie so mooi nie want Nikon is regtig baie gewild.  Maar stem saam met Igo oor die 7D.  Ek reken dis om soos waspoeier te koop - die een is so goed soos die ander een - albei maak op die einde die wasgoed skoon en dis tog al wat belangrik is!

Comment by Henriette Zeelie on November 16, 2012 at 3:21pm

Dankie Igno, ek het juis na die 7D gekyk.   

Mooi naweek.

Groete

Henriette

Comment by Igno van Niekerk on November 16, 2012 at 2:15pm

Hallo Henriette!

Verwag 'n hele paar antwoorde! As ek jy is sal ek loer na die Canon 7D, dis 'n heerlike kamera wat tans baie billik beskikbaar is.

Groete

Igno

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html