Ek was al die jare 'n Canon man maar het nou oorgeslaan na Nikon.

My probleem is dat die fotos =/- 1.45 mb was met my Canon. Ek sien die grootte met die Nikon is oor die 6mb. Dit vat 'n dag om die fotos af te laai. Waar is die fout. Ek het 'n Nikon 5100. Help asb.

Views: 250

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dries Reyneke on January 2, 2012 at 7:27pm

Adie, nou weer gesoek ek het almal gekry. Dankie weereens.


Michael, ek vermoed dit kan die usb port wees. Ek gaan more die agterste poort koppel en kyk wat gebeur. Telkom is al weer weggedra Soweto toe, nou sukkel ek met Vodacom se ''dongle''. Ek het agtergekom dat die dongle ook nie op die voorste poort wil laai nie. Ek werk nou van skootrekenaar af. Dankie, jou pos het my vermoede bevestig. 

Comment by Michael Cronje on January 2, 2012 at 6:59pm
Dries, dis dalk ook net die weergawe usb van die usb port waarin jy die kabel sit. Partykeer is een usb1 of usb2 en die nuweres selfs usb3
Comment by Adri Carstens on January 2, 2012 at 6:52pm

Laat my weet watter jy nie kry nie

 

Comment by Dries Reyneke on January 2, 2012 at 4:55pm

Dankie Adrie. Ek gaan die 12 de Jan vir die opleiding. Ek kry van die verstellings wat jy gegee het maar daar is 'n paar wat ek nie kry nie.

Comment by Adri Carstens on January 2, 2012 at 4:21pm

Dries, ek het 'n Nikon D5000 en was so 'n klompie maande terug by Nikon vir die opleidingdag wat hulle gratis aanbied wanneer jy 'n Nikon kamera koop. Hier het die instrukteur ons kameras gestel om die optimale kwaliteit en funksionaliteit  te kry, ek gee vir jou die "settings" wat ek dink 'n invloed kan hê op jou kamera - dalk help dit. Onder Shooting Menu: Manage Picture Control - Save/Edit - Vivid, Image quality - JPEG fine, Image size - Large (4288x2848;12.2M), ISO sensitivity settings - AUTO, Auto distortion control - ON, Color space - sRGB, Long exp.NR - NORMAL.  Indien jy ander "settings" ook vir hê, laat my weet.  Wat ek weet ook 'n rol kan speel in die stadiger aflaai van foto's is die C-faktor van jou geheuekaart. (alhoewel dit nie so drasties is nie).  Ek het gevind nadat ek oorgeskakel het van 'n SanDisk Ultra C4 na 'n Lexar C10, dit wel vinnig is. Sover ek weet dui die C10 op die Lexarkaart die MINIMUM spoed aan, waar die C-gradering op ander kaarte die MAKISIMUM spoed aandui. Dis wat ek kon aflui uit die huiswerk wat ek gedoen het voordat ek die Lexarkaart gekoop het.

Comment by Frans van Heerden on December 29, 2011 at 10:05pm

Dries: Jy gaan nog baie kere in die toekoms dankbaar wees vir die voorraad probleem. Die oorskakeling gaan jou baie vreugde bied! Ek gaan weer met jou kontak maak en dalk kan ek vir jou n antwoord bied oor die stadige proses tensy jy dit intussen reeds opgelos het, laat weet my net asb. EK kuier toevallig more met my Nikon vriende in Centurion en ek sal in iedere geval navraag doen. Baie geluk met jou besluit en soos hulle graag noem "Dit vat nogal n man op n perd" om so n besluit te neem en uit te voer!

Comment by Dries Reyneke on December 29, 2011 at 8:51am

Josef dis wat ek nie kan verstaan nie. Die Canon is blitsvinnig met die aflaai maar die Nikon laai ontsettend stadig af. Ek het 'n paar verstellings op die Nikon gemaak, maar met die reën het ek nog nie tyd gehad om  fotos te neem nie. As ek weer fotos geneem het sal ek terug rapporteer of die aflaai van die fotos vinniger was.

Comment by Josef Steyn on December 28, 2011 at 7:47pm

Dries, ek dink daar is iewers met jou aflaaitegniek of programmatuur 'n probleem. Ek het 'n Canon 450D wat 'n beginner SLR is en as ek in RAW afneem is my fotos ongeveer 12MB groot en dit laai baie vinnig af (selfs direk vanaf die kamera). (sekondes vir tientalle fotos). My rekenaar is ook niks spesiaals nie. Vra bietjie 'n rekenaar fundi om te kyk. 

Comment by Charles Whitehead on December 27, 2011 at 1:32pm
Dries -hou ook net die volgende in gedagte. Jy laai waarskynlik die fotos direk van die kamera af wat 'n stadiger proses is as om die kaartjie in 'n Kaartleser (Cardreader) te plaas en dan af te laai
Comment by Michael Cronje on December 27, 2011 at 12:58pm
Ja, Hennie is reg, niks met die maak te doen nie, net die quality setting...

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html