Hallo Fotoskolers!

Wen Photoshop:

Hier is die geleentheid wat julle nie moet misloop nie! Jy kan binne die volgende twee weke 'n kopie van Photoshop wen!! En dit is uiters maklik. Al wat jy hoef te doen is om deur die blogs op fotoskool te lees. Jou gunsteling ene te kies, en daar te "comment" waarom dit jou gunsteling blog is. Die rede is dat ons graag wil sien waarvan julle die meeste hou - so die "comment" moet darem sinvol wees. Dit maak nie saak of jy 'n beginner of 'n ou hand is nie, die belangrikste is dat jou comment sinvol moet wees. Dit maak ook nie saak wanneer jy laas op fotoskool ingeloer het nie. Dit werk so: daar is 'n bepaalde dag (geheim) waarop ek en Hennie sal kyk na die comments wat binne daardie dag (en een bepaalde uur gemaak is), en dit sal dan ons Geluksprystrekking wen. Die dag en uur is reeds bepaal... so kom loer gerus in en lewer kommentaar op jou gunsteling blog. Ons sal die gelukkige wenner aankondig teen die einde van twee weke. Kom gesels dus gerus saam!! (Die prys sal in die vorm van 'n "download" van Adobe se webwerf wees.

 

FOTOFEES! Moenie hierdie ene mis nie! (30 Maart - 1 April 2012)

Verlede jaar het ek in samewerking met Adobe 'n fotografie&Photoshopfees in Bethlehem begin. Dit was 'n wonderlike begin. Volgende jaar gaan ons die naweek van 30 Maart tot 1 April weer die Oos Vrystaat, (Clarens en Bethlehem omgewing) besoek met wonderlike foto-uitstappies, sprekers soos Hennie, en Robbie - ook weer Photoshop opleiding vir die wat belangstel! Dagboek nou reeds daardie naweek! Dit gaan weer 'n wonderlike ervaring wees!!

 

Bloemfontein Kursusse:

Eerskomende Saterdag, 12 November, bied ek die laaste Beginnerskursus vir 2011 in Bloemfontein aan, so laat weet gerus indien iemand dalk belangstel!

 

Temafotokompetisie:

Onthou ook om not tot Sondag, 19 November in te skryf vir die temafoto kompetisie "Traanspoor" - laai bloot die foto met die titel: "Temafoto:Traanspoor"  Dit gaan lekker wees om te sien wat die fotoskolers met hierdie ene maak!

 

Views: 62

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html