Hallo Fotoskolers,

50 000 Lesse oor fotografie:

Dis so lekker om julle mee te deel dat daar nou meer as 50 000 foto's op fotoskool gelaai is! En is dit nie lekker om te weet dat die meeste van hierdie foto's kommentaar by het wat jou in staat stel om te leer nie.

Ons potgooie duur voort en julle kan gerus gaan luister by http://fotoskool.libsyn.com/.

Fotografie vir Besige Mammas:

Die audio CD is tjok en blok vol wenke vir mammas wat meer tyd wil maak om foto's te neem en te kyk. Daar was letterlik nie spasie vir nog 'n snit nie. As enige iemand belangstel, laat weet my gerus. Die CD kos R80.00 in die Bloemfontein omgewing, en R100 as dit gepos moet word.

Fotoskool+:

Onthou gerus dat Fotoskool+, ons aanlynkursus weer oop is vir inskrywing, en tot 31 Mei kan jy nog inskryf teen 'n verminderde koste. Loer gerus in by die Fotoskool+ MEER INFO bladsy op fotoskool.

Bloemfontein Kursusse:

Eerskomende Saterdag bied ek weer 'n basiese fotografiekursus aan, en Lientjie bied die middag 'n kursus aan oor die afneem van perde. Laat weet gerus indien daar nog iemand is wat belangstel. Meer inligting is ook beskikbaar by onder EVENTS op die fotoskool webwerf.

Onthou gerus dat herfs die tyd is vir pragtige foto's - moenie rondry/loop of rondryloop sonder jou kamera nie!

Views: 64

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on May 11, 2014 at 3:02pm

Dankie Igno vir die voorreg om deel van fotoskool te kan wees, so baie geleer al hier en die wonderlikste mense so ontmoet met die foto’s saam. Die is ʼn ontspannings plek 1000 vir siel gees en liggaam. 

Comment by Elna Geringer on May 10, 2014 at 9:52am

Dankie dankie en nog n dankie vir almal wat hierdie skool so n groot sukses maak

Comment by Gerrie Lambrechts on May 9, 2014 at 5:13pm

Dankie vir hierdie blad Igno, dit is my inspirasie om meer foto's te neem.  Dankie ook Hennie en al die skolers vir julle insette ek waardeer julle almal.

Comment by Pieter Steyn on May 9, 2014 at 4:51am

Ons kan net dankie sê vir al jou moeite en "effort" wat jy insit om dit een van die beste fotoblaaie te maak. Glo almal sal saam met my stem op die een.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html