Hallo Fotoskolers!

Hoop dat julle almal 'n heerlike ruskans gehad het! En natuurlik sommer heelwat foto's geneem het.

Vanaf Fotoskool wens ons vir elkeen van julle 'n besonderse 2015, vol pragtige prentjies, heerlike ervarings, en 'n groot waardering vir die wonder van die lewe wat ons elke dag geskenk word.

Onthou gerus om jou foto's te kom deel, of net te kom inloer na die kommentaar op andere se foto's,of dalk selfs kommentaar te lewer.

Hierdie is ook die jaar waarin Josef en Hennie se e-boek verskyn - ek het die wonderlike voorreg gehad om daarna te kyk, en dit gaan inderdaad die moeite werd wees. Hou fotoskool gerus dop vir meer inligting. Onthou ook gerus om in te loer op ons facebook bladsy en sommer deur al die potgooie te loer wat weekliks daar geplaas is.

Groete en heerlike week!

Igno

Views: 67

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on January 9, 2015 at 9:27pm

Dankie Igno n mooi jaar vol vreugde vir jou en jou gesin, fotos sal maar deel bly van ons goed of sleg almal is pragtig

Comment by Gerrie Lambrechts on January 9, 2015 at 7:08pm

Seënwense  vir jou en familie, Igno.  Ek kan nie genoeg dankie sê vir FotoSkool, waar ek regtig al so baie geleer het, altyd Hennie se kommentare waardeer en met ander se foto's ook leer. Net die vriendekring wat al hier opgebou is, is baie spesiaal.

Comment by Doretha Kock on January 7, 2015 at 4:10pm
Baie dankie Igno. Mag jul ook 'n besondere jaar beleef en baie dankie vir die voorreg om deel van Fotoskool te wees.
Comment by Pieter Steyn on January 7, 2015 at 4:40am

Dieselfde goeie wense aan jou en gesin Igno -

Comment by Anita du Toit on January 6, 2015 at 10:47am

Dankie vir die goeie wense Igno.. hoop jy en jou gesin het ook 'n wonderlike jaar. Ons mis net jou foto's hier :-)

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html