Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dat dit met elkeen van julle sommer besonder goed gaan! Dis mos herfstyd (of lente as jy aan die anderkant van die wereld is), so dit is tyd vir mooi lig! Ek hoop elkeen van julle het wonderlike lig in julle lewens en julle lense!

Verjaardag Prof Hennie.

Ek laat weet sommer net dat Prof Hennie vandag verjaar! Prof Hennie is ons eie "Mr Chips" by fotoskool! Ek dink hy is seker een van die waardevolste en meelewendste instrukteurs wat mens kan kry, en ek glo dat elke fotoskoler al baie by hom geleer het! Prof Hennie, baie dankie vir jou uitsonderlike bydrae tot ons fotografie ontwikkeling

Die Boek.

As daar nog fotoskolers is wat nie weet van Prof Hennie en Josef Steyn se ongelooflike e-boek nie, maak gerus seker dat julle op fotoskool kom inloer, op die skakel klik, en meer te wete kom oor hierdie e-boek wat met puik foto's en pakke informasie vir jou 'n wereld van fotografie in Afrikaans oopmaak!

Fotoskool+

Daar is nog 'n paar mense wat die fotoskool+ kursus nie voltooi het nie, en ons het ook 'n paar nuwelinge. Ons gee grasie vir die ouens wat bietjie agter geraak het om in te haal. Die databasis het egter toegemaak (net om ons almal weer op hoogte te bring), en as jy wil klaarmaak en jou toegang verval het, kan jy net 'n epos stuur aan nicobaird@gmail.com, en Nico sal dit weer vir jou oopmaak.

Van Fotoskool+ gepraat. As jy belangstel kan jy nog voor einde Mei aansluit vir vanjaar se groep teen die verlaagde tarief van R2200. Jy kan die inligting op die Fotoskool+ blad aan die bokant van die gewone fotoskool kry.

Wel - hoop elkeen van julle het 'n uitsonderlike week - vol pragtige lig, verligting, beligting en ligte oomblikke!

Views: 57

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html