Hallo Fotoskolers!

Ek hoop dat dit by elkeen van julle sommer baie goed gaan. Hoop ook dat daar 'n heerlike Desember vol vreugde en verassings wag.

Ek deel vinnig hierdie e-pos om julle op hoogte te hou van iets wat my bekommer ten opsigte van die toekoms van fotoskool. Ons webwerf is op 'n "ning" webwerf. (Moenie bekommer as jy nie weet wat dit beteken nie, dis bloot die fassiliteit wat ons in staat stel om die webwerf as netwerk met foto's, kommentaar ens te laat werk). Ek het onlangs inligting ontvang dat Ning van hulle netwerk kostes met 'n gek prys verhoog het. Dis egter nie eerstehandse inligting van ning nie. So ek is nie seker wat die situasie is nie. Wat ek wel weet is dat hulle sekere netwerke net eenvoudig kanselleer as hulle nie voldoen aan die vereistes nie. Ek probeer uitvind wat ons situasie is, en ek hou julle op hoogte.

Ons doel sal altyd bly om fotoskool kosteloos te hou, sowel as om te bly voortbestaan as ning webwerf met al die funksies wat ons tans het, so ek beloof om so spoedige moontlik alle inligting te deel.


Groete en lekker week!

Igno

Views: 184

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on December 14, 2015 at 8:11pm

Hi Igno,

Dankie dat jy jou kommer met ons deel.  Hierdie is ons geselsskap vir die dag. Indien nodig stel ek voor dat ons almal ietsie in die poel kan gooi indien dit nodig sal wees om ons 'skool' aan die gang te hou. Ons moet maar toi-toi dalk werk dit. Groete en sterkte, ons vertrou alles sal ten goede meewerk.

Comment by Elna Geringer on December 14, 2015 at 10:54am

Ai nee.......dis nou sommer glad nie goeie nuus nie.'n Paar jaar gelede was ek en Huey ook in 'n groep wat baie soos facebook was en die "ning" was ook daar betrokke. Die groep is net eenvoudig eendag op n reendag gesluit en ons kon glad nie weer daar op kom nie.Ek hoop regtig nie dit gaan hier ook gebeur nie.Dankie vir die terug voering Igno

Comment by Igno van Niekerk on December 9, 2015 at 8:04pm

Sover het ning my laat weet dat alles in orde is, maar ek hou die situasie met 'n valkoog dop. Kom ons hou maar net duime vas.

Comment by Vida van Schalkwyk on December 9, 2015 at 7:40pm

my dag gaan maar sleg begin as ek nie heel eerste by fotoskool kan inloer,  soos die afgelope paar jaar nie  ...  vertrou die probleem sal kan uitgesorteer word!! dankie igno

Comment by Pieter Steyn on December 9, 2015 at 9:41am

Ons hou maar stuif duimvas dat alles uitwerk Igno - sal regtig jammer wees as fotoskool nie meer daar is nie - baie vriende, kennisse en sommer algemene persone hier ontmoet - nie te praat van die leersame inligting wat verniet uitgedeel word nie.

Sterkte daar

Comment by Igno van Niekerk on December 7, 2015 at 6:11pm

Hallo Renier,

Baie dankie, ek gaan jou op hoogte hou - ons het reeds geloer na elgg en andere, maar ek gaan met jou gesels sodra ons meer weet van die situasie. Ek waardeer jou aanbod baie.

Groete

Igno

Comment by Renier Van Zyl on December 7, 2015 at 2:32pm

Ek het kennis in web design en hosting platforms, wat ek kan voorstel is, ek werk met jou op die blad in iets meer gebruikersvriendelik te herbou, en wat baie minder bandwydte en gebruik open source skrifte plaas van die betaling vir Ning.

slegte kant is, foto's en lede profiel sal verlore wees,  ons kan hulle na 'n nuwe webwerf  laat en hulle 'n nuwe profiel te lat skep.

die webwerf sal steeds in staat wees om te funksioneer gratis vir alle lede en jy kan eenvoudig hardloop op Adsense advertensies op die kant wat vaandel grootte en baie klein is om te betaal vir die bediener koste.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html