Hallo Fotoskolers,

En so is ons bykans by die kortste dag (en die langste nag) van die jaar. Dis nou vir Fotoskolers in ons eie Suidelike halfrond – van julle in ander dele van die wêreld stuur dalk af op die langste dag van die jaar. So, maak seker nie saak wat ons verkies nie, die lekkerste van fotografie bly die feit dat elke dag nuwe veranderinge bring, die veranderinge bring nuwe seisoene, en die seisoene bring nuwe geleenthede.

By Fotoskool is daar ook ‘n paar veranderinge op pad...
Ek sal binne die volgende week of twee meer inligting deurgee; maar ek hoop en glo dat alles positief sal wees!

Eerste verandering: Fotoskool + Kursus is oop vir 'n volgende inname en skuif na ‘n nuwe platform:
Die eerste groot verandering is dat ons FOTOSKOOL+ kursus, wat uit ongeveer 35 lesse en ‘n klompie werksopdragte bestaan, na ‘n nuwe platform beweeg. Ons gaan dit ook effens anders probeer benader, sodat klasgroepe saam deur die kursus werk. Die Winter-inname (Registrasie vanaf nou tot 30 Julie, nie meer as 12 persone nie) gaan ‘n bonus kry – omdat die platform nog nie getoets is nie, en daar dalk effense frustrasies kan wees, wil ons die kursus nog een keer teen die verlaagde prys van R2200 aanbied. Indien jy belangstel om deel van hierdie groepie te wees, laat weet my gerus by ignophoto@gmail.com. Loer ook gerus by hierdie skakel vir meer inligting oor die kursus. Hierdie kursus sal op 1 Julie begin, en die laaste opdragte moet teen Julie 2018 voltooi wees.

Druk van Foto’s:
Vir die van julle wat foto’s laat druk, daar is is uitstekende aanbieding by Exporama in Bloemfontein tot die einde van Junie. Hulle lewer landswyd af. Loer gerus na die aangehegte dokument (onder) vir meer inligting.

Ek deel binnekort meer oor die komende veranderinge.

Groete, en mag die seisoen se draai vir elkeen van julle puik lig in jou lens en lewe beteken!
Igno

Views: 39

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Willie Schoombee on July 1, 2017 at 8:53am

Igno dankie vir jou moeite met die WW dit word waardeer, ons kyk uit vir jou volgende aankondiging! 

Comment by Susan on June 21, 2017 at 12:47pm

Dankie Igno, ons wag in spanning op die nuwe nuus.

Comment by Elna Geringer on June 21, 2017 at 3:11am

Dankie Igno. Die nuwe lede kan gerus die kurses doen. Dis lekker en baie leersaam

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html