Hallo Fotoskolers!

Sjoe, vir lank het ons nie gesels nie, nou gesels ons sommer twee keer in een week. Hoop dat dit met julle almal voor die wind gaan hier in die middel van die week!!

Temafoto-Wenners:

Baie geluk aan die wenners van ons temafoto kompetisie. Kom loer gerus na wie die wenners was by die blog area op fotoskool.

Boek aankoop geleentheid:

Protea Boeke in Bloemfontein bied tans die beste prys in die land (sover ons kon navors) op Scott Kelby se boeke, die ene is "The Photoshop CS6 Book for digital Photographers" (R450.00) en die ander ene is "The Lightroom 4 Book" (R360.00). Die boeke is teen hierdie pryse beskikbaar omdat Protea Boeke hier verjaar, en dus net tot die einde van Oktober. As jy wil bestel, kontak vir Janine by Protea Boeke by 051 444 1212.

Nou ja, ons gesels weer volgende week!

Lekker speel!

Groete

Die Fotoskool Span

Views: 69

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html