Hallo Fotoskolers!

Sjoe! Desember is hier... ek MOET eers gou vir julle hierdie storie vertel!

Een van my Leierskapstudente skryf in 'n werkstuk oor sy pa - "My dad was a REVERSE-PARANOID, he always believed that the universe was conspiring to do something GOOD for him!"

Is dit nie die pragtigste uitkyk op die lewe nie?

As fotograaf leer mens mos maar dat GLO IS SIEN. As jy glo dan kry jy oulike foto's, as jy nie glo nie - dan kry jy die teenoorgestelde :-)

Ek wil julle gou vertel van ons nuwe kompetisie (net vir hierdie week - soos die advertensies dit altyd stel). Julle staan 'n kans om twee pragtige A4 canvasse van Charles Whitehead se foto's te wen, en jy hoef nie die beste tegniese foto te neem nie, ons soek jou beste storie en foto... so laat waai - kom ons deel daardie wonderlike/snaakse/aardige oomblikke!

En kom loer ook gerus na my nuwe raaisel op die mees onlangse blog op fotoskool. Dalk sien jy die fout, dalk nie...

Ek is so opgewonde, ek kan nie wag nie, so - hier is die reels:

Nuwe Kompetisie:

 

Hier is nou 'n heerlike kompetisie!

Kom ek gee eers die agtergrond. Gisteraand was ek by Charles Whitehead terwyl hy besig was om van sy foto's te raam vir die kersmark eerskomende Vrydag. Terwyl ek na Charles se uitnemende werk gekyk het, sowel as sy uiters billike pryse vir A4 gemonteerde canvas foto's, het ek besef ons MOET op fotoskool 'n kompetisie hou om iemand die geleentheid te gee om een stel van 2 canvasse (A4) te wen.

Nou, hierdie kompetisie werk as volg:

Jy het 'n week tyd! Dus, tot volgende Woensdag (5 Desember) om in te skryf en 'n kans te staan om hierdie  2 pragtige geraamde A4 canvasse te wen. Die kompetisie sluit Woensdagoggend 10:00.

Ons soek jou heel beste storie en foto - dus, die foto hoef nie tegnies perfek te wees nie, maar die "storie agter die foto" sowel as die foto moet saam 'n lekker storie vertel. Stuur gerus die foto en die storie aan my (net een per persoon) by ignophoto@gmail.com (let op dit is nie my ander e-pos adres nie). Dan gaan ons al die stories en foto's op 'n aparte bladsy by fotoskool plaas - en die wenner sal dan Charles se canvasse, sowel as 2 van my motiverings DVD's wen.

Ons sien uit na julle foto's en stories

Groete

Igno

Views: 70

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html