Hallo Fotoskolers!!

Sjoe, sjoe en nogmaals sjoe!

Ons het wonderlike inskrywings vir die "foto's wat 'n storie vertel" kompetisie gekry. Soveel dat die blog-ruimte op fotoskool te klein was, en dat ons die foto's op 'n aparte TAB moes plaas. Gaan loer gerus na die stories by http://fotoskool.co.za/page/fotostorie-kompetisie of loer maar net op die gewone bladsy vir die skakel na FOTOSTORIE KOMPETISIE.

Daar is heerlike, heerlike stories... langes, kortes, diepes, snaakses - iets van alles...

Kom lees gerus wat die stories agter ons fotoskolers se foto's is!

En O JA, as jou storie ingeskryf is, en nie op die bladsy is nie, laat weet my asseblief dringend!!

Groete

Igno

Views: 64

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on December 5, 2012 at 3:07pm

Sjoe ouens - loer gou of alles nou werk...

Comment by Sandra Grobler on December 5, 2012 at 1:50pm

Ek sien ook net drie fotos.

Comment by Igno van Niekerk on December 5, 2012 at 1:46pm

Hallo Anita

Jy kan bo-aan die bladsy kyk of klik net op die skakel in die blog. Die foto's is by die stories.

Groete

Igno

Comment by Anita du Toit on December 5, 2012 at 1:35pm

Dankie julle almal vir die heerlike leesstories. Ek sal net graag die foto's wil sien, hoe kyk ek in die aparte Tab en waar soek ek daarvoor (bietjie oningelig)

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html