Hallo Fotoskolers!

Hoop dat elkeen van julle sommer opgewonde is oor die langnaweke en vakansie wat vir ons wag! 2013 Vlieg verby en ek glo dat julle die kameras gereed het vir enige moontlike oomblik dat iets besonders kan gebeur!

F+ Lede:Baie dankie weer eens vir almal se bydrae tot fotoskool. Julle sal opmerk dat daar 'n klompie lede is wat 'n F+ teken op hulle profielfoto het. Dit is die fotoskoolPlus program se mense. As deel van hulle leerervaring gaan hulle ook kommentare op julle foto's kom lewer. Ons sien sommer baie uit na hulle bydraes.

Nuwe Temafoto Uitdaging:

Vir die volgende maand kan jy jou temafoto instuur met die titel "spiraalsprokie." Onthou asseblief om die foto te noem: temafoto:spiraalsprokie. As die titel nie reg is nie kan ons dit nie opspoor wanneer ons wil beoordeel nie! Die temafoto-uitdaging sluit op Saterdag 6 April om 20:00 die aand. Ons kan nie wag om te sien waarmee julle vorendag kom nie.

Die wenner sal twee van my Photoshop-opleidings DVD's wen.

Photoshop OpleidingsDVD's:

Onthou gerus dat die Photoshop opleidings DVD's steeds beskikbaar is teen R100 per DVD. Laat weet gerus as jy belangstel. Vir meer inligting loer in by http://fotoskool.co.za/page/dvd-opleiding

Kursusse:

Midrand/Centurion Area:

Hennie bied op Saterdag 16 Maart 'n kursus aan oor die gebruik van layers en maskers in Photoshop Elements. As iemand belangstel, loer gerus by die EVENTS afdeling op fotoskool.

Jeffreysbaai:

Ek bied saam met Fanie Laubscher 'n Beginnerskursus op Jeffreysbaai aan. Om die waarheid te vertel, sommer twee kursusse (die aande van 26 en 27 Maart).

Bloemfontein en Oos Vrystaat:

Loer ook gerus by die EVENTS op fotoskool om te sien watter kursusse Lientjie in April in Bloemfontein aanbied, asook haar uitstappie na die Oos Vrystaat in Mei.

Nou ja, hoop julle laat waai vir die res van die week!

Groete

Igno

Views: 102

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on March 12, 2013 at 2:48pm

Hallo Hannelie

Hoop dit gaan sommer voor die wind aan jou kant!

Vir al die inligting oor die Jeffreysbaai kursus kan jou Sus gerus met Fanie van Beautique studio gesels. 082 783 5823.

Groete en heerlike dag!!

Igno

Comment by Hannelie Human on March 12, 2013 at 1:17pm

Hi Igno

Wil net uitvind waaroor behels die J/Bay kursus, die kostes verbonde en by wie mens kan bespreek? My sus wil graag weet. dankie

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html