Hallo Fotoskolers,

Ons het darem al amper amptelik gegroet vir 2014, maar nou, 22 dae in die nuwe jaar in, is dit seker darem hoog tyd om almal wat op vakansie was terug te verwelkom, en vir die wat nie weg was nie te komplimenteer met die goeie werk wat hulle gedoen het om die ekonomie in stand te hou.


Barkly-Oos kursus:
Daar is 'n hele paar interessante dinge wat op fotoskool gebeur in die volgende jaar. En een van die hoogtepunte is verseker die kursus wat Hennie Cronje in daardie bonus vakansieweek (27 April tot 4 Mei) aanbied. Daar is plek vir 8 mense, en die koste van R6000 wat verblyf en etes insluit is ongelooflik laag. Ek gaan verseker my bes doen om daar te wees, so daar is 7 plekke oor :-). Mense wat al hierdie kursusse van Hennie bygewoon het beskou dit as van die bestes wat daar is!


Photoshop DVD's:
Ek herinner graag daaraan dat daar Photoshop Opleidings DVD's beskikbaar is. Dit is steeds dieselfde reeks van 5, maar ek glo en vertrou dat daar hierdie jaar sommer 'n hele klompie nuwes in die reeks gaan wees.


Fotoskool Groei:
Daar is tans net meer as 46 000 foto's op fotoskool, en ons is reeds meer as 2000 lede. Seker die belangrikste bydrae tot fotoskool se groei en gewildheid is lede wat bereid is om kommentaar te lewer, die kletsgroepie wat deesdae in die aande (en selfs oggende saamgesels) en natuurlik Hennie Cronje se deurlopende afrigting.

As jy een nuwejaarsvoorneme kan nakom, dan sal dit wees om meer te leer deur meer betrokke te raak by fotoskool.
Nou ja, sien julle by die skool!
Groete
Igno

Views: 111

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on January 22, 2014 at 5:03pm

Dankie vir jou brief Igno en weereens vir hierdie heerlike skool wat ons oor die lug kan bywoon.  Hier is ongelooflike dierbare 'skoliere' en ek weet ons geniet dit om hier te wees.  Ons Dosent, Hennie, se opbouende kommentaar word elke dag waardeer. Die feit dat daar so baie foto's is, is ’n bewys dat hierdie 'skool' werk.  Ons moet net op een of ander manier die 'dooie' skoliere opgewek kry.  Mooi jaar vir jou.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html