Nuutste Korrespondensie - Baba is baie naby

Hallo Fotoskolers

Die van julle wat kinders het sal seker onthou met watter spanning, afwagting, opgewondenheid en vrees die geboorteproses plaasgevind het.

'n Deurmekaarspul van emosies.

Ons Fotoskool-speletjie is oppad en ek ervaar dieselfde emosies ---

Wat as die drukkers al die kaartjies deurmekaar maak?

Wat as die teks op 'n kaartjie afgesny is?

Wat as niemand belangstel nie?

Wat as dit nie betyds klaar is vir die Expo volgende week nie?

Wat as die kaartjies nie in die kassies pas nie?

En dan skop die ander helfte in...

Hoe lekker was dit nie om al die kommentare op fotoskool deur te gaan en te verseker dat dit deel van die Beginselkaarte word nie?

Hoe lekker was dit nie om met vriende en familie die beta-speletjie te toets, en te ervaar hoe hulle deel word van die hele proses nie (Ook Skolers soos Susan & Hugo, Prof Hennie, Hendrik, Fanie het idees gedeel).

Hoe lekker was dit nie om te sien hoeveel pret dit kan wees om meer van fotografie te leer nie!

Vir almal wat die Beta-weergawe bestel het ---

So jammer dat die baba effe later kom; maar ek hoop en vertrou dat julle jare se pret uit die speletjie gaan kry. Na alle kostes in ag geneem is, wil dit voorkom asof die finale koste van die speletjie in die omgewing van R200.00 (in die handel) gaan wees.

Die Foto-kaarte word tans by die drukkers gesny, gedruk, gesorteer. Die houertjies is vannag oppad met die koerier. Die dobbelsteentjies is hier. Die reels is opgestel, geproeflees en afgedruk. (Die speletjie gaan in Engels en Afrikaans gedruk wees).

En ek wag vir die oproep van die ontwerper sodra hulle alles van die drukker ontvang.

Dan hoop ek dat die manier waarop ons van fotografie leer dalk vir altyd sal verander :-)

Ek hou julle op hoogte.

Hou duim vas vir die baba.

Groete

Igno

Views: 50

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by JJ on October 17, 2017 at 9:54pm

Igno,

Ek het jou praatjie vanoggend baie geniet, (ek het die skottelgoed seep onthou;)) en ek sien uit na die na die speletjie! 

As die manier van speel en leer gebasseer is op vanoggend se praatjie, gaan dit 'n reuse sukses wees!

Laat weet as dit beskikbaar is, ek gaan beslis een aanskaf!

Groete

JJ

Comment by Tina le Grange on October 17, 2017 at 9:06pm

Baie opgewonde saam met jou Igno;  alle sukses !!!!

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html