Nuutste Korrespondensie - Die toekoms van Fotoskool

Hallo Fotoskolers,

Voordat ek 'n baie belangrike saak aanraak, nl die pad vorentoe vir fotoskool, wil ek net noem dat daar 'n addisionele twee weke is waartydens die Light On Leadership boek (of e-boek) vir die voorafbestellingspryse beskikbaar is. Klik gerus hier as jy belangstel. Vanaf 31 Oktober sal dit teen gewone markprys te koop wees. So, as jy dalk nog 'n kersgeskenk in gedagte het. Dan is daar natuurlik ook Josef en Hennie se fotografie handleiding, wat net so besonders is...Klik gerus hier as jy meer wil weet.

Toekoms van Fotoskool:

Ons het verskeie lede wat die versoek gerig het dat ons die standaard van foto's op fotoskool moet verhoog. Die huidige dilemma is dat daar tans briljante sowel as swakker foto's op die webwerf is. Hennie doen sy bes om elke foto op meriete te beoordeel, maar nou het ons beginner-fotograwe wie se foto's met ervare fotograwe vergelyk word. Die probleem is dubbelle standaarde. Sommige mense benodig motivering, ander kritiek. Soms lewer lede kommentaar waar gemiddelde of selfs swak foto's aangeprys word. Dit kan natuurlik dien as motivering vir die fotograaf; maar dit beteken ook dat ons standaarde betwyfel word.

Verskeie lede het al voorstelle gemaak, en ek nooi julle graag vir insette, (hierdie korrespondensie sal as blog geplaas word, en opmerkings kan dan onderaan gemaak word; maar loer ook gerus na ander gesprekke bv Gabriel Parsons se "Bietjie Kritiek" op die Forum (regs op die Fotoskool bladsy).

Wat volg is net voorstelle/idees wat reeds genoem is, maar ons is oop vir enige moontlikhede:Ons wil nie graag twee webwerwe gebruik nie, want dan kry beginners nie kans om van Gevorderde Fotograwe te leer nie. Dit is egter 'n oorweging. Voorts kan ons kyk na 'n betaalmodel; waar mense wat meer ernstige/professionele kritiek op hulle foto's verlang dalk 'n maandfooi/jaarfooi kan betaal en in 'n "betaalde lid" kategorie geplaas word. Ons sal altyd ons bes doen om Fotoskool se gewone funksies kosteloos te hou. 'n Ander idee is om Fotoskool soos 'n kameraklub te benader waar lede wat ledegeld betaal in bepaalde "kategoriee/sterklasse" geplaas word, en appels dus met appels vergelyk kan word. 'n Klein icon sal dan die persoon se sterklas aandui (Frans van Heerden het al 'n paar jaar gelede hierdie voorstel gemaak).

Ons wil graag die gees van fotoskool behou, maar ons wil verseker dat almal baatvind; so kom gooi gerus jou stuiwer in die armbeurs deur op hierdie blog kommentaar te lewer (op die Fotoskool webwerf).

Groete

Igno

Views: 580

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Chantelle on May 16, 2017 at 7:47pm
-Ek waardeer dit baie om deel te wees van die goeie,ervare fotograwe en die beginner fotograwe. Dis nie soos Gurushots waar jy die slegte en goeie fotograwe kry en hulle appart van mekaar gehou word nie.
-Ek waardeer dit baie dat ons as net fotograwe gereken word en as slegte of goeie's nie. So moet asseblief nie ons van mekaar skei nie.
- Ek het genieg kritiek(goed en sleg) en motivering op Fotoskool gekry dat ek nou al op 17 my eie fotografie besigheid het en dit as my toekoms sien.
Baie dankie!!!
Comment by Derick Oosthuizen on November 1, 2016 at 7:11pm

Goeie middag Igno en mede-fotoskolers,

Van julle het seker agtergekom dat ek die laaste paar maande, tydens my afgelope 3 jaar se deelname aan Fotoskool, “ook amper droë hout” geword het en die hoof rede is ook maar "my irretasie", soos deur die naamlose skrywer gemeld is, met foto's wat ooglopend baie foute het maar word as skitterend, briljant, mooi ens. bestempel.

Ek het self fotos geplaas, met spesifieke tekortkominge, met die doel om raad te kry hoe om dit te adresseer maar dan is vele van die terugvoer net kort positiewe terme soos hierbo gemeld. Alhoewel ek dankbaar is dat mede-Fotoskolers wel die moeite doen om te kyk en iets te sê, help dit nie veel indien daar nie kort verduidelikings verskaf word nie en ons kan geensins verwag dat kundiges soos prof. Hennie, Igno, Josef ens. te alle tye op alle fotos moet terugvoer gee nie.

Ek is ook van mening dat daar gerus weggedoen kan word met die "Like" fasiliteit.

Ek het later, in my byskrif van my fotos, spesifieke vrae gevra en darem van tyd-tot-tyd goeie terugvoer ontvang maar meeste van die kere het die terugvoer nie eers my vrae gedek nie.

Ek kan ook meld dat ek vir ‘n tydjie deel was van ‘n Fotografie-klub in die streek waar ek voorheen tuis was en die sogenaamde “Ster-gradering” was vir my absoluut puik, bloot omdat die “kriteria/riglyne” vir elke gradering baie goed gedefinieer was en ons as lede het dan ook goed verstaan waarna hoofsaaklik gekyk word tydens die graderings-proses, en ook verstaan aan watter “vereistes” ‘n foto moet voldoen om aan die volgende ster-gradering te voldoen. Dit het dus die “dubbel-standaarde” probleem doeltreffend aangespreek.

Ek stel geensins voor dat ons op Fotoskool daardie benadering “slaafs moet navolg nie”, maar is wel van mening dat ‘n vereenvoudigde benadering wel kan werk – daar het al lede goeie voorstelle in die verband gemaak.

Ek is ook heeltemal ten gunste van ‘n “betaal-model” vir die die lede wat meer professionele evaluasies van hul fotos verlang, solank die platform vir “beginners” stewig in plek gehou word. Net asseblief nie verskillende Webwerwe nie!

Ek kan wel ook getuig dat ek ontsettend baie op Fotoskool geleer het en dat ek na drie jaar beslis al ‘n beter fotograaf is!

Ek hoop my insette maak sin, dat Fotoskool van krag tot krag sal gaan en dat ek nog baie by my mede-Fotoskolers sal leer!

Vriendelike groete

Derick

Comment by Donald Daniel Jacobs on November 1, 2016 at 2:05pm

Sjoe hier is omtrent kommentaar geskryf en my n tydjie geneem om te lees. Ek is maar n stadige student . Lees baie maar begrip vat tyd. In kategorie gewys is ek n beginner en is skrikkerig om sommige fotos te krit want ek wil niemand laat weghardloop wat baie moontlik n uithaler fotograaf kan wees in n week of twee. Ek geniet die verwerking van my fotos in PSE en waardeer die kritiek daarop . Dit laat my dink . Baie dankie aan al die studente wat krit asook die Prof en ander uitstekende " onderwysers" Ek leer.

Comment by Liz on October 25, 2016 at 10:32pm

Sjoe hier is omtrent idees en wat-ook-al voorgestel ens. Ek wil maar net my beskeie mening gee. Eerstens is die 'n skool vir leer. Ek het hier aangeland jarrreee gelede en kon omtrent net Makro fotografie goed doen. Ek het ander leermeester op ander werwe gehad wat my pragtig en met baie geduld geleer het. So dit is my passie en ja ek blaas nie my eie beuel nie maar van makro weet ek nogals baie. Om gou by te voeg dit maak my natuurlik nog nie 'n meester op die makro gebied nie en mens leer deurentyd ..... lesse hou net nooit op nie. Ek het hier baie ander genres geleer wat ek maar huiwerig was om te probeer. So met die tyd het Hennie/Igno en 'n paar van die top fotograwe my gehelp met opbouende kritiek wat my inspireer het om beter te doen elke keer as ek iets afneem. So ek sal maar altyd 'n leerling hier bly en basta. Ek is nie so gereeld hier as wat ek graag sou wou nie want ek werk voltyds en het baie ander verantwoordelikhede ook. Enige skool het seker maar sy vakansie tye ens. (smile). Ek doen ook vryskut projekte vir Nat Geo en dit gee my so 'n ekstra geldjie vir die dun beursie. My seun is my agent oorsee en ja hy verkwansel moeder se "snappies" waar moontlik. So groot asseblief moenie dat Fotoskool sy "glans" verloor met allerhande foefies nie...! Daar is sekere aspekte wat miskien "opgegradeer" kan word maar moenie die konsep dooddruk nie. Amen

Comment by Muller Dirker on October 25, 2016 at 3:59pm

Dagsê Fotogrfaieliefhebbers

Ek is so kort hier op julle werf dat die hoenders nog hardloop as ek die hekkie oopmaak om in te kom.As ek mag,wil ek graag 'n bydrae probeer lewer.Dis baie moeilik om so 'n webwerf glad te laat loop en is baie-baie harde werk.Daarom moet ons die 'Base' erken en baie-baie genadig wees.Almal van ons weet waaroor dit op hierdie web gaan,daar is reëls neergelê.Almal het  in hulle skrywes genoem wat vir hulle belangrik is en wat hulle graag sou wou hê.Vir my is dit belangrik dat my foto's nie net ge-WOW! en 'gelaaik' word nie,maar dat soms ook kommentaar gelewer word.Om kommentaar,lees ook kritiek, te lewer neem baie tyd in beslag veral as die kommentaar konstruktief en wel deurdag is.Ek wil nie nog verder borduur met elle lange relase nie.

Ek sou graag die volgende versoek,as dit op hierdie web gedoen kan word,dat ons elke foto se EXIF aanheg wanneer ons dit pos.Die web moet voorsiening maak by die oplaaislag dat dit outomaties gebeur,wanneer die foto gelaai word.Hoekom:wanneer kommentaar of kritiek gelewer word kan die EXIF help om iemand te help met kamerastellings, 'post' prosessering ens.

Baie dankie

Groetnis

Comment by Attie Claassens on October 20, 2016 at 1:52pm

Hi Igno

Na ek al die bydraes gelees het wil ek ook graag van my laat hoor. Elke bietjie kritiek en idee het sekerlik meriete. Wat van belang is, is dat ons na werkbare idees sal soek wat vir die meeste Fotoskolers toeganklik sal wees. Ons moet nie uit die oog verloor dat Fotoskool nie maar nog 'n kamera klub is nie. Ons is almal kunssinnige siele met 'n passie vir fotografie wat kennis en ervaring wat wissel na gelang van die tydperk waarmee ons met hiermee besig is. Dit maak nie saak of ons dit selgs as stokperdjie, ons daaglikse brood daaruit verdien of poog om ons aftreeinkomste aan te vul nie.

Ons kan dalk kyk na hoe http://www.digitalekameraklub.co.za/ bedryf was. Die webblad is ongelukkig gestaak en nog net Facebook blad is aktief.

Dis duidelik dat ons met meer selfkritiek ons foto's sal deel. Geen fotograaf sal sy swakker foto's op sy webblad laai nie.

Ek stem saam dat daar 'n onderskeid moet wees tussen beginners en meer bedrewe fotograwe en dat ons ook 'n oplossing sal vind vir evaluering. Die internasional webwerwe soos Viewbug en 500px help nie regtig beginners hul vaardighede uit te bou nie.

Graag sou ek ook wou sien dat ons bou aan 'n platvorm waar lede se foto's wat meriete het te koop sal wees. Miskien kan saamgewerk word met fotodruk firmas soos bv. Q-Photo.

Weet nie of my gedagtes enigsins sin maak nie. Wat dink die ander Fotoskolers!

Comment by Johan Ayres on October 18, 2016 at 4:33pm

Ek het vroeër reeds my volledige standpunt gestel, maar nadat ek al die kommentaar gelees het en probeer het om die meerderheid lede se sentiment te peil, wil ek net vra: Is daar regtig ‘n behoefte om Fotoskool te verander? Ons moet ook nie toelaat dat die stert die hond swaai nie en verplig voel om te verander nie!

Comment by Deon on October 18, 2016 at 2:24pm

Goeie middag fotoskolers, 

Ek het nou al die kommentare gelees en elkeen dra sekerlik meriete. Ek is redelik nuut by fotoskool en my ondervinding is dat dit n wonderlik forum is. Ek was voorheen n lid van n ander forum en glo my ek het na n paar maande gevoel om op te hou doen waarvan ek hou en dis fotografie. Ek hou daarvan dat my werk gekrit word maar daar is perke. Dit tel vir my punte wanneer Prof Hennie, Igno of Josef en ook n paar ander mens my fotos beoordeel en daarna toe te pas wat ek geleer het. Ek sien die,... dis mooi of goed gesien kommentaar, en ek aanvaar dit en gaan voort.

Wat wil ek se.

Hou fotoskool soos dit is. Kom ons aanvaar ons is nie almal op dieselfde vlak nie en ons he geduld met mekaar.

Wat is droe hout? Ek dink iemand het dit al gevra. Ek plaas n foto wanner daar volgens my iets die moeite werd is om met mede fotoskolers te deel. Party keer een maal n maand of dalk twee. Ek probeer ook om meer gereeld na ander se fotos te kyk en krits te lees en as daar iets is wat my aandag trek sal ek krit.

Fotoskolers is n great klomp mense, kom ons probeer dit so hou asb.  

Comment by Hein Roos on October 17, 2016 at 7:42pm

Hi Igno

Ek is een van die fotoskolers wat nou soos reeds al genoem is dooie hout is en van die blad verwyder moet word. Maar voor julle dit doen net gou my redes wasrom ek nie meer aktief is nie. Ek het by FS aangesluit met die doel om te leer, en ook my kennis wat ek dmv "HARDE KRITIEK" op ander groepe geleer het oor te dra. Gou het ek agter gekom FS se lede hou nie van negetiewe kritiek nie. Ek het dit ook al ervaar dat lede moedswillig teen my kommentaar gaan....bv. ek sal se dat n foto glad nie in fokus is nie...dan sal n ander lid kom en se...nee niks fout met fokus nie. Ander lede verwyder weer jou kommentaar.. Ander lede was weer meer bekommerd hoor my watermerk dan my foto. Ek het toe besluit om geen kommentaar te lewer nie, maar slegs na fotos te kyk Het ook ervaar dat sommige lede die foto voor en na my foto krit, maar geen woord oor myne se nie. Dit is hoekom ek OU HOUT geraak het. Om geld te vra dink ek nie dit gaan die probleem oplos nie. Daar is baie ander groepe waarby n fotograaf gratis kan aansluit. Die vraag moet wees wil jy iets leer of ja of nee.Ek dink FS moet voortgaan in sy huidige formaat......waar almal op mekaar se fotos kan krit. Stel dan n paneel saam van die fotoskolers soos Prof Hennie en wie ook nogal en kies dan n 1ste tot 3de plek elke 2de week en plaas dit dan in n aparte blog. So sal die wat moeite doen die jodigecerkenning kry. 

Comment by Engela Johanna Magrietha Britz ( on October 17, 2016 at 8:25am

Jy vra 'n vraag en die vraag self is nie moeilik nie. Die antwoord is.

Eerstens glo ek dat almal aanvanklik by Fotoskool aansluit omdag hul wil groei as fotograwe en daarom hul tegnieke (stellings, waarneming van tonele en kreatiewe skep van fotos) wil verbeter. En dit is reg so want dit is hoekom dit 'n skool is.

Die sentiment oor snoei van onaktiewe lede het meriete. Daar is talle wat aansluit maar langs die pad "verlore" raak - vir wat ookal die rede. Is hul lede? Ek glo nie. Mens gaan immers nie skool deur nie die skool by te woon nie (en ek praat nie van Fees must fall nie). Daar is lede wat van tyd tot tyd vir 'n geruime tyd afwesig is. Ek dink hier byvoorbeeld aan 'n persoon wat 'n familielid verloor het en deur 'n rouproses gegaan het. Indien mens so 'n persoon, gedurende sy onaktiewe tydperk, wil verwyder, glo ek moet dit met die nodige sensitiwiteit en konsultasie gedoen word.

Die dooie takke moet gesnoei word. Ook, dalk in konsultasie, en indien daar nie 'n logiese verklaring/verduideliking van die ander kant kom nie........... wel dan is hul nie leerlinge nie.

Oor die klasifisering van fotos in groepe van gevorderdheid. Dis nou presies waar ek uit die bus val. Aanvanklik het ek bloot aangesluit, uit nuuskierigheid. Toe besef ek dat dit 'n uitstekende leerskool is en tot vandag kan ek bloot nie 'n lid wees deur nie by ander te leer nie.

Maak dit my nou 'n beter of swakker Fotoskoler? In watter kategorie sal ek val? Jy (jul) sien, al is daar bydraes en positiewe kommentaar van mede-skolers, is ek oortuig dat ek nog 'n algehele amateur is en dus nie gekategoriseer kan word nie. In elk geval nie op die vlak waar die meeste mense reeds is nie. Al is dit my wens om na soveel jare te kan "spog" dat ek wel "daar" is.

Betaling? Dis nou die taai toffie. Ons sit elk in ons eie huis, met sy rekenaar en kamera en al praat ons en kyk ons na mekaar se fotos, weet ons nie, wat in 'n ander se boek "gelees" kan word nie. Die sosio-ekonomiese realiteite van individue verskil radikaal en ek laat hierdie gedagte by die slim mense soos jy, Josef, Hennie en sommer almal.

Fotoskool het in elk geval vir baie van ons 'n verslawing geword. 'n Gesonde verslawing, soos wat fotografie 'n gesonde tydverdryf is en ook as 'n vorm van arbeidsterapie is......................

Ja, ek lewer kommentaar op heelwat swakker fotos. Veral die "onbekendes" se fotos en probeer in my leke-kennis, 'n inset te maak wat hul sal motiveer om te verbeter. Die "like"-opsie is vir my ding wat kan gaan.  Noem die foto wat dit is:. Mooi of lelik.

Daarom sal ek voorstel dat nuwe lede 'n "eie, onafhanklike "blad" " op Fotoskool kry sodat hul vordering deur almal nagegaan kan word. (Merk die blad met 'n plakker.) Net Fotoskolers wat erns het met fotografie sal daar help en ek glo dit is hoe ons ook nie ernstige en opregte skolers sal kan identifiseer. 

Wanneer ek al hierdie skryf, noem ek weer, dat ek my steeds as 'n algehele amateur beskou en nie graag gepenaliseer wil word agv een of ander nuwe maatstaf vir skolers nie.

Nie seker of hierdie betrokkenheid enigsens van waarde is nie. Sal uitkyk vir die uitslag en my daarby berus.

Nogmaals dankie aan jou, Hennie, Josef en talle van die gevorderdes wat ons deur ons fotografiese-groeipyne "troetel" en versorg. Vir die blad, sy inhoud en die waardevolle lesse.

Sterkte met die besluitneming.............. dat kan voorwaardelik nie maklik wees nie!

Groete,

Engela

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html