Nuutste Korrespondensie - Die toekoms van Fotoskool

Hallo Fotoskolers,

Voordat ek 'n baie belangrike saak aanraak, nl die pad vorentoe vir fotoskool, wil ek net noem dat daar 'n addisionele twee weke is waartydens die Light On Leadership boek (of e-boek) vir die voorafbestellingspryse beskikbaar is. Klik gerus hier as jy belangstel. Vanaf 31 Oktober sal dit teen gewone markprys te koop wees. So, as jy dalk nog 'n kersgeskenk in gedagte het. Dan is daar natuurlik ook Josef en Hennie se fotografie handleiding, wat net so besonders is...Klik gerus hier as jy meer wil weet.

Toekoms van Fotoskool:

Ons het verskeie lede wat die versoek gerig het dat ons die standaard van foto's op fotoskool moet verhoog. Die huidige dilemma is dat daar tans briljante sowel as swakker foto's op die webwerf is. Hennie doen sy bes om elke foto op meriete te beoordeel, maar nou het ons beginner-fotograwe wie se foto's met ervare fotograwe vergelyk word. Die probleem is dubbelle standaarde. Sommige mense benodig motivering, ander kritiek. Soms lewer lede kommentaar waar gemiddelde of selfs swak foto's aangeprys word. Dit kan natuurlik dien as motivering vir die fotograaf; maar dit beteken ook dat ons standaarde betwyfel word.

Verskeie lede het al voorstelle gemaak, en ek nooi julle graag vir insette, (hierdie korrespondensie sal as blog geplaas word, en opmerkings kan dan onderaan gemaak word; maar loer ook gerus na ander gesprekke bv Gabriel Parsons se "Bietjie Kritiek" op die Forum (regs op die Fotoskool bladsy).

Wat volg is net voorstelle/idees wat reeds genoem is, maar ons is oop vir enige moontlikhede:Ons wil nie graag twee webwerwe gebruik nie, want dan kry beginners nie kans om van Gevorderde Fotograwe te leer nie. Dit is egter 'n oorweging. Voorts kan ons kyk na 'n betaalmodel; waar mense wat meer ernstige/professionele kritiek op hulle foto's verlang dalk 'n maandfooi/jaarfooi kan betaal en in 'n "betaalde lid" kategorie geplaas word. Ons sal altyd ons bes doen om Fotoskool se gewone funksies kosteloos te hou. 'n Ander idee is om Fotoskool soos 'n kameraklub te benader waar lede wat ledegeld betaal in bepaalde "kategoriee/sterklasse" geplaas word, en appels dus met appels vergelyk kan word. 'n Klein icon sal dan die persoon se sterklas aandui (Frans van Heerden het al 'n paar jaar gelede hierdie voorstel gemaak).

Ons wil graag die gees van fotoskool behou, maar ons wil verseker dat almal baatvind; so kom gooi gerus jou stuiwer in die armbeurs deur op hierdie blog kommentaar te lewer (op die Fotoskool webwerf).

Groete

Igno

Views: 580

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Louis Prinsloo on October 17, 2016 at 3:36am
Waarom by FS aan sluit. My rede Om te leer. Om ander se kritieke mening te kry oor wat ek reken n suksesvolle foto is. Jy wil inligting bekom hoe en wat ander in foto raaksien. Deur selselmatig van my beste fotos te plaas is ek werklik gehelp waar kritiek gegee is. Tema fotos is ook n sukses omrede sekere onderwerpe uitdagings bied met n tiepe foto waarmee ek self onkundig is of nooit aan gedink het nie. In my beskeie mening die webwerf waarvoor FS geskep is werk.
Ek stem egter saam by vorige kommentaar dat n foto wat jy plaas regtig een wees wat jy met moeite geneem en gekies het. Een waarmee jy n spesifieke foto metode of kamera verstelling gebruik het en waarop jy nou kritiek wil hê om daarop te verbeter. Om dus fotos te plaas wat net maar nog n kiekie is, is nie regtig waarvoor FS se web werf daar is nie. Profesionele fotograwe se fotos as hul dit plaas moet uitwys redes wat hul aanvoer waarom foto as voorbeeld gebruik kan word.
Op huidige stadium moet jy werklik soek op hoof bladsy na fotos waarby kritiek gelewer is sodat jy daarby baat kan vind. Ek glo baie het nie tyd om dit te doen nie, dus is daar verskeie fotograwe wat by FS aangesluit het wat regtig waardevolle riglyne sou gee maar op gegee het weens oorvloed van algemene fotos. Hier haal ek my hoed af en spesiale dankie aan Igno Josef en Hennie sowel as ander se waardevolle insette.
Ter opsomming. FS moet as n webwerf bekend staan waar jou fotos met kritieke oë bekyk en bespreek word. n Webwerf waarby alle fotograwe iets by kan leer hetsy deur kritiek of deur uit te lig rede waarom foto uitsonderlik is. Johan Ayres se idee van n aparte spesialis afdeling kan dalk ook n uitweg bied vir huidige situasie.
Hou asseblief ook net in gedagte baie myself ingesluit gee nie baie kritiek nie en plaas ook nie elke maand fotos nie. Ons neem wel tyd en kyk deur fotos op FS se hoof bladsy. Die wat my belang stelling wek, vergroot ek en dan bepaal ek hoe ek dit sal verbeter. Deur na ander se kritiek en raad op foto te kyk gee dit my n riglyn of my opsomming korrek is. So ons is nie werklike dooie foto skolers nie.
Comment by Magda vd Merwe on October 16, 2016 at 2:33pm

Sjoe dis n debat wat vir lank kan aangaan. Ek het al baie dae na die Foto's gekyk op fotoskool en gedink dis skitter foto's. Ek het Igno se kurses gedoen, maar met jare se ondervinding kan ek nog nie n foto krit intensief na die lug die fspot of ISO nie, ek oordeel n foto volgense dit wat ek geleer het en glo in my foto's gesien kan word, baie keer gee Hennie raad want sy oog is geoefen om foto's van naby te krit.

Ek het al mense gekry op fotoskool wat nie krit kan hanteer nie, en val sommer aan.

Die meeste van ons gaan op wat Hennie, Josef en Lientjie krit, so ons ander bly maar stil en krit net Mooi, Pragtig en WG, wat nou al afgesaag is. Ek het nie n probleem om te betaal nie, maar Igno dit gaan so in alle plekke in die samelewing, byvoorbeeld: ek het lank geleer en nou kom die nuwe een, moet nog leer en nou word alles af gebring. Dis n moeilike een:- wil nog een voorbeeld plaas wat ek in die kerk genoem het eendag: Jy kry mense wat al jare n pad loop met Jesus, dan kry jy die een wat nou net begin het en ander druk hom af, ek het voorgestel dat dit ook soos in die skool werk werk, klas 1, klas 2, ens. Want ons is nie almal met eens groot en ewe geleerd nie. Hoop dit maak sin. So jy kan dalk so maak:-Hennie krit die wat al 4-8jaar op fotoskool is wat baie geleer het en :- Josef die wat minder tyd daar is en Lientjie die nuwelinge. Kyk uit na die oplossing. Groete Magda

Comment by Frans van Heerden on October 16, 2016 at 9:59am

Ek dink di ebetaal opsie is n gegewe. Die vraag is net , hoeveel. Van die ander web werwe waar ek betrokke is vereis ledegeld van ongeveer R2000 per jaar - maar dit n fotograaf blootstelling aan 2 miljoen ander fotograwe oor die wêreld heen

Ek steun ook die gedagte van n onderskeid tussen die vlakke vanverskillende bedrewendheid(competencies) as n basis vir lidmaatskap, deelname en kritiek

Persoonlik sal ek n Fotoskool format verwelkom wat die aard en wese van n goeie en ten volle funksionerende kamera of fotografie klub naboots. Wat ookal die format gaan wees, dit moet vir deelnemers maklik maak om kritiek te lewer. Wat my aanbetref is daar n paar basiese faktore wat maklik gekritiseer kan word, soos byvoorbeeld, Komposisie, Kreatiwiteit of Oorspronklikheid, Tegniese gehalte en Fotografiese inhoud(maw wat is gefotografeer), om enkeles te noem.

Ons as fotograwe moet ook realisties wees tov die omvang vd kritiek wat ons verwag. Dink bv as daar op n dag 60 fotos geplaas word en n kritikus spandeer 2 minute per foto, is ten minste twee uur van die dag daarmee heen. Om kritiek te lewer vereis tyd. Verder weet ons die internet bandwydte in SA kan n beperking wees wat gaan beteken die krit proses verg meer tyd as bloot net kyk en kritiek tik!

Wanneer n geplaasde foto op die punte hierbo dmv n glyskaal ge-evalueer word, kan die fotograaf die bepaalde kritikus per epos nader en vra waarom hy die spesifieke punt van kritiek aan n bepaalde foto gegee het.

Comment by Dawid Roos on October 16, 2016 at 9:55am

Ek glo ou moet net foto's laai wat met n doel geneem is. Waar jy jou beligting en vaardigheid ens gebruik het. Ek persoonlik glo daar is min van ons wat regtig foto's laai wat  met moeite gedoen is. Bedoel regtig gaan sit en edit ens. Om elke dag net n foto te laai om gelaai te word maak dat ons "Ek" Nie almal wil bekyk wat nie regtig vir my lyk of daar moeite in is nie. Die dat ek ook maar soms sê mooi, wg ens. ek bedoel dit hier nie sleg nie hoor net my gevoel. Dalk moet ons almal eers self jou eie foto oordeel en plaas. Dink tog net n kenner of 2 moet krit en net op foto's waar hy regtig goeie raad wil gee. So kan ons almal se foto's geniet of ou nou n beginner is of meer gevorderd. Kyk maar self na jou  views getal as dit vir jou belangrik is.. Net my gevoel... geniet dit hier saam met almal. 

Comment by Cronje Botha on October 15, 2016 at 5:53pm

Goeiedag Igno

Doretha verwoord ook grootliks my siening van fotoskool. Ek het fotografie ( in my geval seker "kiekies" neem) jare na my aftrede as stokperdjie opgeneem. Fotoskool is vir my die ideale forum waar ek my pogings kan plaas vir kritiek. Ek wil tog leer uit my foute en waardeer opregte, sonder doekies omdraai, kritiek. Ek wil tog nie 'n rat voor die oë gedraai word nie.  Andersyds kan ek ook verstaan dat professionele lede  kriewelrig word met die tipe foto's en krit wat soms gelewer word. My gevoel is dat FS moet bly soos dit tans is maar  wil voorstel dat ledegeld gehef word. Sodoende sal lede wat nie ernstig is oor die blad nie mettertyd  uitgeskakel word. Fotoskool is vir my 'n baie belangrik met die be-oefening van my stokperdjie. Indien FS 'n blad word vir die professionele lede onder ons gaan ek werklik nie die vrymoedigheid hê om foto's te plaas nie. Dankie vir hierdie skool en ek hoop my bydra was tot hulp.     

Comment by Riaan on October 15, 2016 at 11:06am

Daar is reeds baie grondige en praktiese menings gelewer dat ek nie regtig enige nuwe idees op die forum kan plaas nie. Wat my egter opval en waarmee ek absoluut saamstem is die gedagte dat beginners en ernstige en van die gesoute lede se bydraes/plasings apart beoordeel/gekrit behoort te word. Die "ledegeld" vir die voorreg om saam met lg te kan plaas en gekrit te word het sekerlik meriete. Die kommentaar op werklik minderwaardige, selfs swak geplaasde foto's soos "Mooi, oulik, goed gesien, ens" is na my regtig beskeie mening van geen waarde as die plaser van 'n foto se opregte doelwit is om te kom leer uit meer gesoute lede se ondervinding. Dis iets wat my regtig baie hinder, maar ek weet self nie hoe ek so 'n lid se "swak" foto sou aanspreek sonder om aanstoot te gee al is die foto bv. duidelik uit fokus. Ek sou graag wou sien dat alle lede toegang, sonder die vermoë om te krit, tot die "gevorderde" afdeling sou hê dat ons bloot deur te sien hoe 'n goeie foto lyk, daaruit kan leer.

Baie dankie Igno dat jy hierdie baie sensitiewe saak uiteindelik aanspreek maar ek vertrou ook dat dit waarvoor Fotoskool staan nooit deur die uiteindelike besluit benadeel sal word. Ons almal weet dat julle dit dit met die nodige empatie en professionaliteit sal hanteer en uitvoer. Baie dankie vir Fotoskool en vir die ondervinding en kennis wat ek en baaaie ander met die tyd kon opdoen en toepas in hierdie heerlike stokperdjie.

Comment by Pieter Steyn on October 15, 2016 at 5:18am

Hier is 'n paar goeie voorstelle wat moontlik kan werk - hou van Johan se voorstel- wonder net hoeveel ekstra admin gaan bykom.  Die tema gekoppelde foto sal werk veral as dit gemik is op spesifieke fotografiese vereistes, byvoorbeeld wat is inleidende lyne in 'n foto? koppel dit aan tema.

Die anonieme lid se opmerking oor die aantal lede ens. stem ook saam om van die "dooie hout" ontslae te raak. As 'n lid nie aktief was vir 'n maand sonder enige rede nie haal hom/haar af. Glo dit sal die blad bevorder en nie so oorlaai nie. Dit sal weereens ekstra admin werk meebring.

Sterkte met die besluit maar ek glo wat ookal besluit gaan word sal die regte een wees alhoewel nie almal sal saamstem nie.

Groetnis

Comment by Johan Ayres on October 14, 2016 at 7:17pm

Die posisie waaruit ek my standpunt motiveer is die volgende: Ek is ‘n amateur stokperdjie fotograaf en ek is tevrede met Fotoskool se formaat soos dit tans is. My stuiwer in die armbeurs is net ‘n poging om dalk die beste van twee wêrelde te behou en is nie vir my ‘n beginselsaak nie.

Daarom sou my voorstel die volgende wees: Behou die formaat van FS soos dit tans is, maar skep ‘n addisionele afdeling vir lede wat voel dat hulle braaf genoeg is om vir hierdie afdeling in te skryf. Maak ‘n klein maandelikse fooi die vereiste om foto’s in hierdie afdeling in te skryf. Koppel dan ook hierdie spesialis afdeling aan ‘n twee-weeklikse tema. Kritiek in hierdie afdeling is nie oop vir enige lid van FS nie, maar word slegs beoordeel deur Hennie, Igno, of beoordelaars soos deur hulle aangewys. Ken dan ‘n 1ste, 2de en 3de plek elke tweede week toe en gebruik die inskrywingsfooi (of gedeelte daarvan) as prysgeld.

Sodoende behou ons die beste van twee wêrelde:

(1) Sommige lede wat tans ontevrede  is met FS behoort bereid wees om te betaal vir die voorreg om in hierdie “kompetisie afdeling” te skryf en hulle foto’s te onderwerp aan streng kriteria.

(2) Die ander (nie-betalende lede) gaan voort soos dit tans die geval is, maar kry ook die addisionele voordeel om die spesialis kommentaar op hierdie foto’s te lees en daaruit te leer.

 

Hoe dit ookal sy en wat die uitkoms van hierdie gesprek is, ek sal daarby inval. Baie dankie aan Igno en Hennie, en baie sterkte met julle besluit en die implimentering daarvan.   

Comment by Elna Geringer on October 14, 2016 at 5:08pm

Igno, nou ja, 'n taaier toffie as hierdie een gaan jy nie maklik kry nie...............ek stem 100% vir die betaal opsie. Ek glo dit gaan die lede bymekaar hou wat ernstig is oor FS en wat ook raad en daad op hulle fotos wil hoor. Ek hou ook van Jan Hendrik se sterre gee idee maar ek weet nie of die op hierdie platvorm moontlik is nie. Aan die einde van die dag moet ons onthou dat hierdie 'n "skool" is en wat doen ons in 'n skool? Ons leer daar.......(gelukkig brand ons nie af nie!!!)

Sterkte met die besluit en ek ditto met wat Gerrie noem : moet FS tog net nie tot niet laat gaan nie. Dit sal soos dood van 'n geliefde wees

Comment by Gerrie Lambrechts on October 14, 2016 at 11:59am

Hallo Igno.

Dankie dat jy soveel moeite en seker nagte se wakker lê deur gemaak het om ons FotoSkolers weer op die lug te kry.  Ek het persoonlik al ontsettend baie by FotoSkool geleer en met elke foto wat ek neem probeer ek toepas wat ek hier, op my foto's maar ook deur ander se foto's se kommentaar geleer het.  Ek voel baie beslis dat ons nie verniet 'fees must fall' kan skool gaan nie.  Dit kos sekelik geld om so blad aan die gang te hou. Dus ledegeld is seker reg (vir almal) om te betaal.  Ek self het nie probleem met die huidige standaard van foto's nie, omdat ek nie kan kompeteer met baie goeie fotograwe en met die wat baie 'grand' kamera's het nie.  Ek neem met gewone Nikon Coolpix L820.  Ek het nie ’n makrolens nie en neem met die verstelling van die kamera.  Ek 'klas' my dus onder die gewone skolers.  Ek het geen probleem met skolers wat voel dat hulle op ’n hoër katogorie geplaas moet word nie.  Dit sal net jammer wees as ons nie almal se foto's kan sien en ook die kommentare kan lees om sodoende ook nog te groei nie. Sterkte met die besluitneming, moet asseblief net nie die skool toemaak nie. Ons is al soos outydse 'penvriende'. 

Groete

Gerrie

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html