Hallo Fotoskolers!
Ek hoop elkeen van julle het sommer 'n wonderlike week wat wag!! Vir die van julle wat nog nie Jimmy Jim James se pragtige storie oor Twinkelgelees het nie - gaan loer gerus in by die blogs op fotoskool. Dan is daar nog 'n nuwe blog oor Liz se passieen 'n nuwe Canon kamera!
Uitstekende nuus:
Die meeste van julle is seker bewus van Robbie se kostelose sessie wat hy en Sony regoor die land doen, waar hulle gesels oor Sony se nuutste tegnologie. Wel, Robbie is eerskomende Saterdag in Bloemfontein - maar dit is waar dit nie gaan ophou nie - ons hoop om 'n gedeelte van Robbie se aanbieding na alle fotoskolers oor die hele wereld uit te saai! Dalk gaan ons 'n probleempie of twee optel, maar as ons regkom beteken dit dat ons binnekort fotoskool kursusse wereldwyd sal uitsaai. Hou gerus hierdie spasie dop! Bloemfonteiners wat fisies wil bywoon, daar is nog plek vir so agt mense - laat weet gerus of jy kan bywoon!
Onthou ook gerus van Adobe se kostelose kursusse wat elke eerste Woensdag van elke maand in die groot sentra (JHB, DBN, BFN, Kaapstad, PE) aangebied word. As jy wil registreer, loer gerus in by EVENTS op fotoskool. Ek hoop dat ons binnekort ook van hierdie aanbiedinge na fotoskool sal kan uitsaai! Sal dit nie wonderlik wees nie?
Fotoskool Groei!
Tans is daar amper 18 000 foto's op fotoskool. Julle kan gerus kom loer na die inspirerende fotografie en die lekker lesse wat daarmee gepaardgaan. Nogmaals dankie vir almal wat so gereeld kommentaar lewer, en veral vir Hennie wat ongelooflike werk doen!!
Flash Kursus en Photoshop opleidingsDVD's:
Laastens. Die van julle wat in die Vrystaat is, ons kan nog 4 mense akkommodeer vir Eric Palmer se kursus oor die gebruik van jou eksterne flits. Dit kos R800, en is die leergeleentheid van 'n leeftyd.
Vir almal wat Photoshop opleidings DVD'sbestel het. Ek het weer voorraad en stuur dit aan. Baie dankie vir die goeie terugvoer wat julle gereeld stuur. Ek waardeer dit.
Groete en lekker week!!
Igno
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool