Nuutste Korrespondensie - Geseende Kersfees!

Hallo Fotoskolers!

Dis Kersaand. Die horlosie begin al weer tik na Nuwejaar, en dan jaag ons weer. Ek gun vir elkeen van julle vrede, liefde, mooi stories en pragtige herinneringe. Ek stuur hierdie e-pos met dankbaarheid aan almal wat hierdie jaar deur fotoskool met hulle stories, foto's, kommentaar, ondersteuning en inloer by fotoskool dit 'n voorreg gemaak het om met fotoskool te assosieer.

Dankie vir die pragtigste blog-stories oor julle kers-herinneringe! Sommige sal wonder wat dit met fotoskool te doen het, maar is dit nie juis wat ons met fotografie te doen nie, om herinneringe te vang, en ja om ons Godgegewe kreatiwiteit weer as geskenk aan onsself terug te gee deur die mooiste van mooi foto's te vang.

Terwyl ek skryf is die son besig om te sak, die kinders se laaste dagpretgeluide eggo uit die plastiekswembad, Arne is besig met die tuinslang buite. Dit is nie iets wat ek kan fotografeer nie, maar dit is iets wat ek kan deel, net soos wat 'n klompie fotoskolers in hulle pragtige, puik blogs gedeel het. Soms fotografeer ons met die hart. Mag hierdie kersfees vir julle elkeen hartsfoto's bring. En, indien jy hierdie kersfees hartseer is oor iets, onthou dat hartseer ook verbygaan en dan herinneringe word wat ons toedraai in die geskenkpapier van lewenservaring, wat ons dan weer kan deel. Met empatie en liefde...

Mag die boodskap van Kersfees met elkeen van julle wees! Mag die wat hartseer is troos ervaar, en die wat vreugde ervaar dit deel maak van hulle mondering vir 2012.

Met liefde en dankbaarheid!

Fotoskool groete en seenwense!

Igno

Views: 311

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Petro Cloete on December 31, 2011 at 10:15pm

Ek is bietjie laat, dis al amper nuwe jaar Igno, maar moet eers baie dankie se vir jou boodskap, dit inspireer verseker almal wat dit lees. Mag almal 'n wonderlike, geseende Nuwe Jaar beleef. Dankie  vir Fotoskool vriende.

Comment by Igno van Niekerk on December 26, 2011 at 10:49am

Baie dankie, Julle! Dit is 'n reuse voorreg om mense soos julle te ken! Ek waardeer die terugvoer. Groete, Igno

Comment by Charles Whitehead on December 25, 2011 at 9:31pm

Igno - dankie ook vir die boodskap. Geseënde Kersfees vir jou en jou gesin. Mag die nuwe jaar vir julle voorspoed en gesondheid inhou asook baie fotos, Blogs en kostelike stories ..

Comment by Susan on December 25, 2011 at 9:10pm

Igno, baie, baie dankie vir jou Kers boodskap, jou vertelling van julle as gesin en waarmee julle besig is, is so eg uit my eie kinder dae. Ek onthou altyd hoe my Ma in die middae met die tuinslang die blommetjies nat gespuit het en ons het maar altyd om die huis gehardloop en baljaar. Geen TV's of rekenaars wat ons in die huis laat bly het nie. Die vars buitelug en die skoonheid van die natuur. Mooi herhinneringe wat (soos jy dit noem) ons toegedraai het in geskenkpapier van lewenservarings - Baie dankie vir al jou mooi webtuistes en al jou stories met jou foto's, weet dat ek tyd maak om hulle te lees, want in elk van hulle is daar vir my persoonlik 'n les te leer. Jy is 'n ster!

Comment by Louisa Lang on December 25, 2011 at 7:32pm

Igno, dankie vir jou blok.  Jou nuus is inspirerend!  Geseende Christusfees vir jou en jou gesin en mag 2012 'n hoopvolle jaar wees!

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html