Hello al die Fotoskool friend,

Soos julle agterkom is ek nog maar nuut hier op die site en probeer ek nog my pad hier vind. Dankie dat ek saam met julle kan leer en fotos kyk. Ek is mal oor Fotografie as ook alle aspekte daarvan, maar die grootste daarvan is natuur forografie omdat ek lief is vir die natuur en sy skoonheid. Dis vir my lekker om met God se skepping te spog.

Ek is baie lief daar voor om voels, vernaam roofvoels af te neem, so julle sal baie daarvan sien,en natuurlik ietsie ander tussen in. Ek is tans besig om te leer om voels in vlug af te neem wat n lekker uit daaging is.

Ek glo ek gaan baie hier saam met julle leer

En help my maar met die website ek soek al lank na n site waar ek kan tuis voel

Views: 138

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on October 18, 2014 at 8:07am

Welkom Deon jy is verseker nou op die regte website hoop jy geniet dit ook so baie soos ek hier. 

Comment by Elna Geringer on October 17, 2014 at 3:59pm

Deon,jy is so baie welkom. Hier is ons een groot familie wat mekaar se liefde vir fotografie deel,mekaar se lief en leed deel en bo alles.........deur die kamera lens God se skepping geniet en met mekaar deel. Hierdie klompie skolers wat jou al reeds welkom geheet het,is die ou kletsers in die kletskamer. Kom kuier gerus daar saam met ons en sleep n beker koffie saam. Baie welkom

Comment by Elsa van Eck on October 17, 2014 at 1:14pm

Welkom Deon, jy gaan dit saam ons geniet, het ook self al baie geleer.

Comment by Liz on October 16, 2014 at 4:01pm

Baie welkom hoor! Hoop om sommer ook jou makro weergawes te bewonder (smile)!

Comment by Dine Potgieter on October 15, 2014 at 6:37pm

Welkom - en wees gewaarsku - verslawend!

Comment by Gerrie Lambrechts on October 15, 2014 at 3:07pm

Ek is bly jy het hier vasgesteek.  Ek weet jy gaan dit geniet met baie kennis wat jy gaan opdoen.  Ek was nog nooit spyt dat ek hier kom skool gaan het nie. Geniet dit!!!

Comment by Tina le Grange on October 15, 2014 at 1:24pm

Deon, jy is by die regte skool;  baie welkom!!  Omdat ons op mekaar se foto's kommentaar lewer, leer ons bymekaar.  Laat kom met jou foto's

Comment by Tersia Weitsz on October 15, 2014 at 10:52am

Baie welkom by fotoskool, Deon, hoop jy gaan dit sommer baie geniet hier soos ons ander.   Dis lekker om fotos te deel met ander, en hier leer jy baie waardevolle lesse tussen die vriendelike klomp mense.

Comment by Pieter Steyn on October 15, 2014 at 9:27am

More daar en welkom tussen ons klompie hier . Tuis sal jy vining voel sodra jy fotos oplaai en kommentaar gee op ander se fotos. Glo jy sal van goeie raad bedien word op die fotos - hier is paar wat goed en minder goed is met voels in vlug. Ons leer maar so saam-saam op mekaar se fotos. Hoofsaak is omnet fotografie te geniet en doen wat jy goed vind om te doen.

Groetnis

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html