Om goed te wees moet jy bereid wees om vrot te wees...

Elke keer na 'n Beginnersfotografie kursus is daar mense wat terugkom en voel dat hulle foto's baie swakker is as ooit tevore, vandat hulle van die Auto-knoppie wegbeweeg het. En dit is ook so. Maar dis hulle wat uitvind wat foutgaan, wat weer probeer, en wat aanhou stoei wat later gefassineerd met hulle puik foto's terugkeer...

 

Mens moet seker maar bereid wees om vrot te wees voordat jy kan probeer goed wees...moet net nooit moed verloor nie!

 

Onlangs luister ek na 'n onderhoud met Jasmine Star. 'n Jong dame wat vanuit nerens binne die bestek van vier jaar 'n top tien troufotograaf geword het. Die onderhoud was op twit, hier is die skakel:

http://twit.tv/show/twit-photo/19

 

Die belangrikste deel van die onderhoud is dat Jasmine bereid was om te eksperimenteer, te misluk en weer te probeer. Mens leer ken slegs jou kamera as jy sukkel met verstellings, maar leer wat elke verstelling jou bied... en ja, mens wil nie graag belangrike gebeure as eksperimente beskou nie, maar neem gerus jou kamera elke nou en dan na die laborotorium van jou verbeelding en speel met sluiterspoed, lensopening, en ja - die groot M vir Manual.

Jy kan altyd terugval na die bekende, maar gaan dwaal gerus in die onbekende - dis 'n land vol verassings!

Views: 119

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on September 13, 2011 at 7:08pm

Etienne

Daar is baie rumours van nuwe Canons wat kom - het jy dalk 'n voorskou gehad :-)

 

Leonie

Ek wil graag hier 'n paar opmerkings maak as ek mag. Ja, enige kamera gaam op Auto nie slegte fotos neem nie, dis tog waarvoor auto daar is - die probleem is dat die kamera gaan keuses maak met shutter, aperture, fokus en ISO wat alle kreatiwiteit gaan wegneem van die fotograaf. Dit gaan bloot "Happy Snaps" wees

 

Jy as fotograaf weet mos

  • Waar wil jy fokusHhoeveel diepte van veld jy nodig het
  • Hoeveel blur wil jy toelaat met panning of 'n vliegtuig se propeller
  • Hoeveel ISO jy nodig het vir 'n bepaalde Shutter of Aperture verstelling

 

Jy is korrek met jou opmerking dat jy nie eintlik met so persoon kan redeneer nie, omrede hy nie 'n idee het waarvan hy praat nie. Ek sou graag onder sulke omstandighede so persoon se siening wil toets met so paar moeilike fotografie uitdagings waar jy weet die kamera gaan die verkeerde keuses maak bv met helder "back lighting"

 

Troos jou daarin dat jou fotos stukke beter as syne sonder enige kreatiwiteit gaan wees. Jy moet so fotograaf eintlik na Fotoskool verwys - miskien leer hy iets in die proses.

Comment by Leonie Blignaut on September 13, 2011 at 10:27am
Hallo Igno, ek en 'n ander persoon het onlangs 'n vreeslike redenasie gehad, wat vir my gese het sy foto's is baie beter as myne omdat hy op Auto afneem.  Ek was aanvanklik uit die veld geslaan oor sy redenasie om 'n vergelyking tussen Auto en AV, TV en M te wil maak, maar het besef dat ek nie verder met hom kon redeneer omdat hy eintlik niks weet van die verskillende verstellings nie.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html