Ons Fotostorie Kompetisie - Die Wenners...

Hallo Fotoskolers!!

En soos die jaar einde se kant toe staan hoop ek elkeen van julle onthou die pragtigste oomblikke en vergeet die slegte van 2012. Dis seker die grootste kersgeskenk wat jy aan jouself kan gee!

Nou ja, ons fotostorie kompetisie! Wat kan mens maak as jy soveel pragtige inskrywings kry? Vir die van julle wat nog nie gelees het nie, loer gerus in by http://fotoskool.co.za/page/fotostorie-kompetisie of kies die TAB bo aan die bladsy. Hoe beoordeel mens sulke puik inskrywings? Sulke waardevolle oomblikke. Wel, die eerste wat ek gedoen het was om ander te kry om te beoordeel. Charles en Lientjie het gehelp. Toe dit uiteindelik by kies kom het elkeen drie stories gekies. Van hierdie ses kon enige ene wen!! En toe moes ek maar gaan sit en stoei met die uiteindelike keuse. Weer eens kon ek nie op 'n wenner besluit nie, en was dit Charles en Marietjie wat moes help met die finale besluit.

Vir die finale wenner was dit toe 'n kwessie van watter foto slaag die meeste daarin om op sy eie die storie te vertel... en dan ook hoe die storie en die foto mekaar ondersteun. Steeds was die keuse uiters moeilik... en steeds moet ek noem dat enige, en ek bedoel regtig ENIGE van die stories kon wen. Elkeen is uniek en elkeen neem mens op 'n reis in iemand anders se lewe in. Nou soos julle weet is foto-beoordeling subjektief - nog meer so met die beoordeling van stories. Goeie genugtig, elke storie is so persoonlik, so treffend en so uniek. Dis mos onregverdig om ene te laat wen.

Uiteindelik was die wenner Loutjie Meyer se storie: "Klaar met fietsry." (Loutjie, stuur gerus jou posadres aan my by ignophoto@gmail.com)  Die storie en die foto ondersteun mekaar pragtig, die dogtertjie se lyftaal en wegleun van die fiets af vertel ook die verhaal wat in woorde vertel word. Baie geluk Loutjie. En baie geluk asook baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Dit was heerlik om 'n paar fotoskolers sommer baie beter te leer ken!!!

Groete

Igno

Views: 94

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on December 21, 2012 at 2:00pm

Veels geluk Loutjie, geniet jou lekker kersgeskenk.

Comment by Anita du Toit on December 21, 2012 at 10:49am

Baie geluk Loutjie, jy is 'n waardige wenner!!!

Comment by Sandra Grobler on December 21, 2012 at 6:20am

O ek is so bly Loutjie het gewen!!! Dit was die oulikste storie en daardie gesiggie het sommer die hele storie vertel - baie baie geluk Loutjie! 

 

En baie dankie Igno en Charles vir die lekker prettige fotokompetisie.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html