Die fotoskool familie is vandag n bietjie armer. Een van die Fotoskolers is verlede nag, na n lang siekbed oorlede. Johan van Zyl was, vroeg in my lidmaatskap van Fotoskool, reeds aktief. Hy het sinvolle kommentare geskryf en het my persoonlik  gehelp om die stokperdjie meer te geniet.

Sy siektetoestand het gemaak dat hy minder aktief betrokke was. Francien, sy vrou het hom in die laaste tyd opgepas. Sy het die groot verantwoordelikheid, met onderskeiding na gekom. Francien is ook lid van ons Fotoskool

Aan die Francien en die familie, ons opregte simpatie. Ons weet jy het n eggenoot, vriend en opregte sielsvennoot verloor. Mag julle as familie troos vind in jul mooi herinneringe aan hom.

Views: 179

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Francien van Zyl on July 30, 2016 at 1:07pm

Na n baie lang stiltyd van fotografie het ek gister vie die eerste keer weer n kamera opgetel. Ek glo dat die liefde wat Johan vir fotografie gehad het en aan my oorgedra het my deur n baie hartseer tyd sal dra. Ek wil in besonder vir Frans van Heerden dankie se vir sy volgehoue belangstelling en omgee in Johan se siekte tyd (al het hulle mekaar nie persoonlik geken nie).Ek sit hier en vang n bietjie op wat als op Fotoskool gebeur het en ek lees hierdie huldeblykie van Frans aan Johan raak.Baie dankie Frans .Johan was voorwaar n besondere mens en dankie vir jou belangstelling en almal se omgee boodskappies.Foto groete.Francien 

Comment by Donald Daniel Jacobs on June 4, 2016 at 4:38pm

innige simpatie van my familie aan Johan se gesin

Comment by Dine Potgieter on May 31, 2016 at 8:21pm

Dit is baie hartseer. Innige meegevoel van my af.

Comment by Pieter Steyn on May 31, 2016 at 6:18pm

Sê ook so - dink aan julle in die tyd

Comment by Doretha Kock on May 31, 2016 at 9:43am

Innige meegevoel aan Francien en die familie.

Comment by gabriel parsons on May 31, 2016 at 9:08am

My medelye aan Johan se familie

Comment by Anita du Toit on May 30, 2016 at 2:53pm

Jammer om dit te hoor, sterkte aan Johan se familie met die pad vorentoe.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html