Ek kry partykeer sulke oomblikke wat my brein sal af dwaal en diep begin besin oor goed.

Ek het gesit en dink: "Wat is 'n foto?" Dis tog 'n oomblik wat jy vas vang. Jy sal nooit weer daai oomblik hê nie, die berg, die waterval dit is konstant dit sal altyd daar wees, maar die oomblik, daardie dag, die tyd, die sal jy nooit weer sien nie. Die glimlag op 'n persoon se gesig sal nooit weer vir dieselfe ding lag nie dit sal nie weer dieselfde lyk nie, daai glimlag was uniek vir daardie oomblik. Die oomblik is vas gevang vir 'n ewigheid en word 'n herinnering in 'n prentjie.

So baie oomblikke gaan verby ons wat ons nie besef nie, wat nooit weer herwin sal kan word nie. As daar net foto's was vir elke oomblik in ons lewens hoeveel foto's sal daar wees en hoe sal jou foto's lyk?

Daar is so baie oomblikke wat ek sal wil herleef of sal wil sien, wat ek nooit terug sal kry nie. As daar maar net iemand was wat foto's van oomblikke geneem het...

Views: 130

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on June 7, 2014 at 10:06am

100% die waarheid Ilze.........vandat ek met FS kennis gemaak het,sien ek n geleentheid reg rond om. Groot frustrasie is dit as daar nie stop plek is sodat ek kan uit klim en skiet nie. Dankie vir jou gedagte

Comment by Pierre Hardinge on June 6, 2014 at 6:29am

Ditto op my maters se kommentare.....ek dink as n mens n tipe kamera soos n bril kan dra en n foto neem met elke oogknip dan sal dit great wees en dan kan jy nie n oomblik mis nie ....wat dink julle daarvan?

Nie n bad idee nie ne...dalk biinnkort en realtiteit ....wie weet.

Comment by Ilze Esterhuizen on June 4, 2014 at 8:36pm
Dankie almal! Carl ek stem saam met jou mens moet daai geleenthede aangryp met als wat jy het.
Comment by Carl Joubert on June 4, 2014 at 7:59pm

Ilse, ek dink nie jy is al een wat aan die dinge dink nie. Jy het dit ongelooflik goed gestel, tyd wag vir geen een nie. Ek glo jy moet van elke oomblik gebruik maak, of jy nou net sit en droom, en of jy iets besonders doen, doen dit met oorgawe. Dankie vir bg.

Comment by Piet Nel on June 4, 2014 at 7:48pm

ek stem jy praat baie waar dis pragtig Ilze 

Comment by Pieter Steyn on June 4, 2014 at 6:10pm

Baie mooi gestel Ilze - en is sowaar

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html