Hier is sommer so 'n paar gedagtes oor die feit dat ons in die digitale era dikwels onsself betrap dat ons so baie foto's neem, dat mens amper kan debatteer oor hoeveel foto's mens eintlik moet neem:

Ek dink indien n mens sensitief sou voel oor die voorreg  of voordeel van digitale fotografie wat jou toelaat om byna "onbeperk" te fotografeer, is n mens onregverdig teenoor jou self. Fotografie is n kunsvorm, dit daag die kunstenaar uit om met lig en kleur te verf. Ek dink nie skilders voltooi n skildery sonder om, soos wat die kunswerk voltooi word, n kleur oor te verf of n verfkleur te meng of om dalk die slag van die kwas teen die "canvass" te verander nie. Met hierdi eanalogie vernader die verf kunstenaar dus gereeld die "foto" of neem hy "nog n foto".

Fotos wat op die skerm vd kamera verskyn lyk heelwat anders as wanneer dit op die rekenaar skerm verskyn. As fotograaf wil ek die beste foto op die skerm sien en daarom is die eerste foto nie noodwendig die beste foto nie. Ek het derhalwe n hele paar fotos "nodig" om die beste een te kan kies.

As ek bereid is om bv. 300 foto's te neem, dan moet ek weet dit gaan tyd vat om deur dit te werk en die bestes te kies.

My siening is dus, neem en geniet elke keer as jy die sluiterknoppie druk. Ons het lank "duur" fotografie beleef, wees bly dat ons nou ons kuns op n bekostigbare manier kan geniet.

In plaas van oor die onderwerp te debateer, help eerder mekaar om iets te doen aan die emosionele  verbintenis wat ons met ons fotos het, om te weet wat moet ons hou en wat moet ons "delete."

 

Kom gesels gerus saam oor wat julle dink!

Views: 39

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerhard Beukes on April 6, 2011 at 11:07am
Sien Tillie dit is hoekom ek die miskiene ook bere, het al klomp dvds (back-ups)
Comment by Gerhard Beukes on April 5, 2011 at 4:54pm

Frans ek stem saam met jou en moet erken ek is een van die ouens wat 100de fotos neem, dan soek ek die bestes uit, speel met hulle in lightroom (meng die verf so bietjie). maar dan is ek ook emosioneel verbind aand die "rejects"en bere hulle ook, sal moet plan maak en 'n week uitsit om hulle uit te vee.

 

Maar ja geniet die "goedkoop" manier van fotos neem - ek doen elke dag.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html