Verlede week het ek die voorreg gehad om 'n motiveringsaanbieding by 'n prinsipale kongres te lewer. Wat 'n wonderlike voorreg om met 900+ mense te gesels oor hoe om meer inspirerend te wees ter wille van ons jeug se toekoms.

En ja, die heerlike voorreg was dat ek alles met foto's en stories kon doen. Net daar het ek weer besef dat ons nooit die krag van foto's en stories moet onderskat nie. Foto's het al keerpunte in die geskiedenis veroorsaak, familiestruwelinge begin en beeindig, verhoudinge laat begin (en eindig) ens. Sommige fotoskolers het waarskynlik al van my aanbiedings bygewoon, maar vir die van julle wat nog nie het nie, wil ek graag oor die volgende paar weke 'n paar van die foto's en stories deel.

My pa het ons altyd geleer dat: "When opportunity knocks, you must jump, and you never know when opportunity is knocking, so you must keep on jumping."

Daar staan ek een oggend vroeg met 'n klein brugkamera (Fuji S20Pro) op die plaaspad. Die lig verander opeens dramaties, en daar is alles, pad, mistigheid, lig - net geen onderwerp nie.Tog, ek is daar - en as mens jouself in die pad van geleenhede plaas is enige iets moontlik!

Die volgende oomblik stap die skape in die foto in:

Daardie dag het ek besef dat my pa die waarheid gepraat het. Daar is altyd geleenthede, mens moet net daar wees om dit te neem. Jy sien, so dikwels dink ons nie eers dat daar geleenthede kan wees nie, en daarom sien ons hulle nie wanneer hulle verskyn nie...

Watter geleenthede het jy vandag raakgesien?

Plaas jy jouself in die pad van geleenthede?

Of glo jy nie dat hulle bestaan nie?

Hulle wat soek sal vind!

 


 

Views: 101

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on September 28, 2011 at 11:25pm
Dit is sooooooooo waar. Dankie Igno dat jy ons weer herhinner om te soek. Ons verloor so gou moed. Dankie ook vir jou mooi storie.
Comment by Frans van Heerden on September 28, 2011 at 8:23pm
Dankie Igno. Ek kan alleen net volmondig saam stem. Ek dink ook dat foto mense moet soms maar geduldig wag vir die oomblik - iets wat baie mense nie goed kan doen nie. Fotografie leer n mens verseker ook om jou omgewing waar te neem wat baie van ons nie al dag doen nie.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html